2025-seisoen wink

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Pixabay
Foto: Pixabay

Daar word in sommige kringe te kenne gegee dat mededinging in die WP se Premier-rugbykompetisie op skolevlak die strafste ter wêreld is.

So 'n stelling is vanselfsprekend debatteerbaar. Indien waargeneem word hoe die o.19A-spanne van die voorste Wes-Kaapse skole mekaar week ná week die stryd aansê; hoe van die voorste oorsese skolespanne sleg tweede kom in interaksies met skole in die streeptrui-kontrei; en dit gepaardgaan met toeskouer-bywoning wat dikwels groter is as wat die geval in Curriebeker­wedstryde is, word daar nie ver misgetas nie.

Dit is te verstane waarom van die (inter-) skole-kragmetings met so 'n geweldige intensiteit gepaardgaan. En dit sonder dat daar trofeë en geldelike gewin op die spel is.

Bishops kon vanjaar net een oorwinning in hul 11 wedstryde in die WP se Premierliga behaal. Bishops sit nie in sak en as nie. 'n Groot aantal spelers wat vanjaar in Bishops se A- en B-span is, sal volgende seisoen steeds vir die skool beskikbaar wees.

In die proses, en tesame met die toewyding van die afrigtingkorps, sal eerstespan-wedstryde altyd verkwikkende spel na vore bring - al sou dit soms gepaardgaan sonder die verlangde welslae op die telbord.

Paul Roos en die Paarlse skole was (weer) voor in die koor. In die lig van die taai mededinging het verreweg die meeste van die 17 spanne in die o.19-Premierliga in 50% en meer van hul wedstryde aan die wenkant geëindig - behalwe Bishops en die hoërskole Tygerberg en D.F. Malan. "Ons afrigters is ten volle bewus van enkele foute wat noukeurige aandag sal kry met die voorbereiding vir volgende seisoen. Ons was nogtans deurentyd mededingend en het uit ons foute geleer," verduidelik Warwick Richter, Bishops-woordvoerder.

Bishops kon vanjaar net een oorwinning in hul 11 wedstryde in die WP se Premierliga behaal. Bishops sit nie in sak en as nie. 'n Groot aantal spelers wat vanjaar in Bishops se A- en B-span is, sal volgende seisoen steeds vir die skool beskikbaar wees. Dieselfde geld die Tygerberg. Nie minder nie as 10 lede van die o.19A-span sal volgende jaar in matriek wees, sê die Tiere se afrigters, Gavin Beresford en Maxwell Stoffels. Die Tiere kon net twee keer aan die wenkant eindig.

Louis Lamprecht, die rugbyorganiseerder van D.F.Malan, is dieselfde mening toegedaan. "Min diepte in die onder 19-geledere het ons vanjaar gekelder. Die voorspelers het goed vertoon, maar agterlangs het min reg verloop. Daar is heelwat talentvolle spelers in die o.16- en 15-spanne, en vorentoe sal dit net beter gaan," sê Lamprecht.

Daar word verneem dat verskeie Kaapse skole reeds met voorseisoense oefeninge vir die 2025-seisoen begin het.

Sarel Burger

SPELETJIES VANDAG

CTA