HJS Paarl se eerste krieketspan het tydens die eerste sarsie kragmetings van die nuwe seisoen goed stem dik gemaak in sy oorwinning met 25 lopies oor Bishops.
JJ van der Sandt (75) was aan die voorpunt van 'n uitstekende spanpoging deur Boishaai om Bishops te laat les opsê.
In die Boland het 'n puik vertoning deur Charles King (90 en 3/8) en knap kolfwerk deur Wian Munnik (95) daartoe bygedra dat Paarl Gimnasium 'n sege van 319 lopies oor Hermanus behaal.
Met die Hoërskool Charlie Hofmeyr se Juan Visser (70 en 3/26) se bydraes kon die Ceres-span Worcester Gimnasium klop.
Marcus Conradie (Paul Roos), Janko Webb (Rondebosch) en Liam Beukes (Rondebosch) was van die junior uitblinkers. - Sarel Burger

















