MySkool

Boland-krieketspanne bekend vir toernooi

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Vyf spelers wat die Boland in verlede jaar se Khaya Majola Krieketweek vir o.19-spanne in Stellenbosch verteenwoordig het, is weer by die Wynlanders se span vir vanjaar se saamtrek volgende maand in Mkhanda ingesluit.

Die vyf manne, wat die Boland 'n stewige ervare kern gee, is Josh Jordaan, Riley Norton, Corney van der Watt (almal Paul Roos Gimna­sium), Thando Prusent (Somerset College) en Juanrico Vorster (Curro Langebaan).

Johan Wege (HJS Paarl) volg in die voetspore van sy ouer broer, Gysbert, wat verlede jaar in die Boland-span was. Johan se tweelingbroer, Christiaan, speel ook vir die Paarliete se eerste span.

'n Besonder ervare o.19-meisiespan sal die Boland in die nasionale toernooi in Kaapstad verteenwoordig. Altesame nege pas verkose lede was ook in verlede jaar se span.

Die verkose Boland-spanne: Henrico Albertus (Paulus Joubert), Callum Appolis, Josh Jordaan, Riley Norton, Corney van der Watt (almal van Paul Roos Gimnasium), Chard Ayford, Thando Prusent (albei Somerset Col­lege), Stefan Conradie (Landbouskool Boland), Sibulele Makeleni (Parel Vallei), Khaya Miselo (Desmond Tutu High), JJ van der Sandt, Johan Wege (albei HJS Paarl) en Juanrico Vorster (Curro Langebaan).o.16 (Oudtshoorn en George, 10-14 Desember):Zayd Abrahams (HS Paulus Joubert), Neil Barnard, Liam Basson, Luca Plekker (almal Paul Roos), Aden Batt, Marco Cato, Gideon du Toit (almal HJS Paarl), Reagan Davids (Charlie Hofmeyr), Grislan Louw (Hopefield), Bhule Mfunelwa, Owethu Moyi (albei Somerset College), Mihlali Nomlondboyi (New Orleans), Francois Prins (Landbouskool Boland).

Gemeez Adams, Zama Senti, Thimna Ngqwemla (almal Maties-klub), Gizelle Abrahams, Luze Carolissen (albei Kylemore), Haseenah Khan (Worcester Gim), Mia-Lize van der Vyver, Danelie Boshoff (albei HTS Drostdy), Anelmarie van Niekerk (Bredasdorp), Melanie Flippies, Siyema Stefano (albei Swartberg), Tinita van Zyl (Rhenish) en Asiphe Mbinda (Vusi­siwe Secondary).o.16 Meisies (Pietermaritzburg, 12-16 Desember): Hope Wil­liams (HS Breedevallei), Wanda Mari Ham (Robertson), Akum Mbira (Parel Vallei), Amoyoli Senti, Zita Loggenstein (albei Stellenbosch), Cornelia Destroo (La Rochelle), Melissa van der Merwe (Bloemhof, kapt.), Kezia Jordaan (tuisskool), Taulum Moses (Somerset High), Tayman Muggels (Goudini), Janel Steenkamp (HMS Paarl), Nthatile Gqada (Desmond Tutu High) en Beantra Daniels (Swartberg).

Sarel Burger

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM