Curro Durbanville skitter op planke

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
’n Toneel uit die produksie Mensdom. Foto: NARDUS ENGELBRECHT
’n Toneel uit die produksie Mensdom. Foto: NARDUS ENGELBRECHT

Leerlinge van Laer- en Hoërskool Curro Durbanville het weer hul teatervernuf bewys en die top-ses en top-10 plekke in die gesogte ATKV-Tjokkertoneel en -Tienertoneel- nasionale eindronde behaal.

Die wenproduksie word op Saterdag 28 September by die Kunstekaap in Kaapstad aangekondig.

Die hoërskool se produksie Mensdom, geskryf en geregisseer deur onderwysers Lize-Meri Amann en Deon van Zyl, het reeds opslae gemaak deur die beste produksie by die ATKV-Tienertoneel-streekeindronde-2-kompetisie te wen.

Geïnspireer deur die Middeleeuse toneelstuk Everyman, maar gemoderniseer met invloede van digter Breyten Breytenbach, verken die drama die stryd van die mensdom - verteenwoordig deur die karakter Mensdom - teen die noodlot en die onvermydelikheid van die dood.

"Die skep van Mensdom was 'n intense proses wat onwrikbare toewyding van beide die rolverdeling en span vereis het," sê Amann. "Die leerders se groei en ontwikkeling deur die hele projek was niks minder as buitengewoon nie. Dit was werklik 'n gesamentlike poging, en om te sien dat dit op so 'n hoë vlak erken word, is geweldig verblydend."

Die toneelstuk draai om Nelia, 'n jong meisie wat ná die afsterwe van haar ouma by die kinderhuis aankom, net om afgeknou te word deur 'n groep meisies.

Die Storietafel of The Story Table, die laerskool se produksie, neem gehore op 'n innige reis deur die lewens van weeskinders by die fiktiewe Harthuis-kinderhuis. Die toneelstuk is geskryf en geregiseer deur Cecilia Wesson.

Die toneelstuk draai om Nelia, 'n jong meisie wat ná die afsterwe van haar ouma by die kinderhuis aankom, net om afgeknou te word deur 'n groep meisies. Soos die karakters hul stories deel, word dit duidelik dat hul vorige ervarings gevorm het wie hulle vandag is.

Die eindtoneel van die produksie Die Storietafel.Foto:
Die eindtoneel van die produksie Die Storietafel.Foto:

Wesson, die hoof van die dramaklub by die laerskool, sê dit was 'n transformerende ervaring vir die jong leerlinge (gr. 5- tot 7-leerlinge) om aan Die Storietafel te werk. "Om te sien hoe die leerlinge in hul karakters delf en die storie se boodskap was 'n merkwaardige reis. Die toneelstuk beklemtoon die belangrikheid van vriendelikheid en die idee dat selfs in die aangesig van teëspoed, ons familie in mekaar kan vind en die leerders het saam gegroei om diep bande en wedersydse respek te vorm, wat die kern is van waaroor hierdie toneelstuk gaan," het sy gesê.

Riaan Stroebel, uitvoerende hoof by Curro Durbanville, het die harde werk van die leerlinge en personeel geloof. "Dit is slegs ons tweede jaar wat ons aan die ATKV-Tjokkertoneel- en die -Tienertoneel-kompetisie deelneem, en ons het reeds die finaal gehaal met beide ons laer- en hoërskoolproduksies.

"Ons beplan om hierdie prestasies te vier deur die toneelstukke vir ons skoolgemeenskap op te voer, om te verseker dat ons leerders weet hoe trots ons is op hul toewyding en harde werk. Ons hoop dat hierdie ervaring hulle sal inspireer om voort te gaan om in selfvertroue te groei. "

  • Kaartjies vir die ATKV-Tjokkertoneel en -Tienertoneel-eindronde is van 4 September op Webtickets beskikbaar.

SPELETJIES VANDAG

CTA