HG se Eisteddfod is terug – skryf in!

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Die afgelope paar maande het ons hier by Huisgenoot gewoeker om dinge gereed te kry vir vanjaar se eisteddfod. Ons glo dit was die wag werd, want hierdie jaar is daar nie net vier afdelings waarin leerders kan deelneem nie, maar ses!

Ja, die derde Huisgenoot Eisteddfod spog met twee splinternuwe afdelings. Kliek hier om in te skryf.

Leerders kan weer in die afdelings vir prosa, poësie, sang en redenaars inskryf, maar daar is nou ook 'n dansafdeling en 'n afdeling vir skoolkore.

As jy lief is vir dans, is dit nou jou kans om met jou talent te spog. En as jy in 'n skoolkoor sing, kan jul koor ook inskryf, en die kans hê om R5 000 te wen.

Redenaars-beoordeelaar Sue Pyler Slabbert. Foto: Misha Jordaan
Redenaars-beoordeelaar Sue Pyler Slabbert. Foto: Misha Jordaan

So waarvoor wag jy? Trek daai gedig of prosastuk nader, skryf jou redenaarstoespraak, choreografeer 'n dans of begin daardie lied oefen. Die inskrywings vir Huisgenoot Eisteddfod 2024 is oop. En dalk is jy, net soos ons vorige wenners, Luca Human en Judi Hattingh, die Eisteddfod-ster van die jaar wat met R10 000 wegstap.

Hoe werk dit?

Besoek Huisgenoot se spesiale eisteddfod-webtuiste eisteddfod.huisgenoot.com of huisgenoot.com om in te skryf.

Elke deelnemer kan kies vir watter afdeling hulle wil inskryf - prosa, poësie, sang, redenaars of dans. Skoolkore kan ook inskryf. Daarna kry hulle toegang tot 'n spesiale, eksklusiewe meesterklas vir daardie afdeling. Elke meesterklas is sowat 45 tot 60 minute lank.

Leon Starker is die beoordelaar in die ander nuwe afdeling, koor. Foto: ER Lombard.
Leon Starker is die beoordelaar in die ander nuwe afdeling, koor. Foto: ER Lombard.

In die meesterklasvideo deel 'n akteur, sanger, aanbieder of kenner, praktiese raad en wenke om die deelnemers te help om vir hul optrede voor te berei. Jy kan dié leersame video op jou eie tyd kyk. Die video's kan ook oor en oor gekyk word tot jy die beginsels verstaan en self kan toepas.

Sodra jy genoeg voorberei het vir die afdeling waarin jy graag wil deelneem, is dit tyd vir aksie. Deel 'n video-opname van jou optrede op ons Huisgenoot Eisteddfod-webtuiste. In jou video moet jy in Afrikaans 'n liedjie sing, 'n gedig voordra, 'n stuk prosa dramatiseer of as redenaar jou toespraak hou. Deelnemers in die dansafdeling kan 'n dans van hul keuse op 'n liedjie van hul keuse doen.

Sang-beoordeelaar Lynelle Kenned. Foto: Misha Jordaan
Sang-beoordeelaar Lynelle Kenned. Foto: Misha Jordaan

Kore wat inskryf moet twee liedjies sing. Een van die twee liedjies moet in Afrikaans wees. Een van die twee liedjies moet sonder begeleiding wees en een van die twee liedjies moet 'n formeel-gekomponeerde lied wees, byvoorbeeld 'n lied uit 'n gesangeboek. Die bladmusiek moet na

Pryse en toekennings

Deelnemers kwalifiseer vir toekenningsertifikate gegrond op meriete: goud, silwer of brons.

  • Kategoriewenners van die afdelings prosa, poësie, sang, redenaars en dans, word bekroon met 'n gesogte rooi-sertifikaat en kan met 'n kontantprys van R1 500 wegstap, geborg deur Afrikaans.com. Wenners in die koorafdelings, wen R5 000 per koor, geborg deur Afrikaans.com.
  • Deelnemers wat toekennings ontvang, kry ook erkenning in Huisgenoot of op Huisgenoot.com.
Dans-beoordeelaar Natasha van der Merwe: Foto: ER Lombard
Dans-beoordeelaar Natasha van der Merwe: Foto: ER Lombard

Is jy vanjaar se Huisgenoot Eisteddfod-ster?

Verlede jaar het Judi Hattingh van Durbanville die beoordelaars oorrompel met haar talent. Sy was die wenner in haar ouderdomskategorie vir die afdelings poësie en prosa en het ook weggestap met die prys as Huisgenoot se Eisteddfod-ster van die jaar.

Net soos die vorige twee jare, word een groot wenner aangewys as die Huisgenoot Eisteddfod-ster van die jaar. Dié toekenning beteken 'n kontantprys van R10 000, geborg deur Afrikaans.com en gaan aan die een deelnemer wat die beoordelaars se aandag getrek het, die een wat geskitter het en bo al die ander inskrywings uitgestaan het.

Die beoordeelaars

Die aanbieders van die meesterklasse is ook die beoordelaarspaneel van die Huisgenoot Eisteddfod. Vanjaar het ons twee nuwe beoordelaars wat elkeen ook hul afdeling se meesterklas aanbied: Natasha Joubert en Leon Starker.

In die meesterklasvideo's verduidelik elke beoordelaar waarna hulle sal kyk wanneer hulle jou optrede beoordeel. Hulle gee praktiese wenke oor hoe jy die spesifieke afdeling moet aanpak as jy so goed moontlik wil vaar.

Dans: Natasha van der Merwe

Die dans-beoordelaar, Natasha van der Merwe: Foto: ER Lombard
Die dans-beoordelaar, Natasha van der Merwe: Foto: ER Lombard

Natasha van der Merwe is 'n sangeres, aktrise en danser. Sy is 'n opgeleide instrukteur van moderne en klopdanse. Sy was al te sien in verskeie teaterproduksies soos Mamma Mia!, Rock of Ages, Peter Pan, Doringrosie en Aspoestertjie. Sy was ook deel van die musiekblyspel Chicago wat reg oor die wêreld getoer en opgetree het.

Sy is veral bekend vir haar rol as Susan in die kykNET-sepie Suidooster.

Koor: Leon Starker

Koor-beoordeelaar Leon Starker. Foto: ER Lombard.
Koor-beoordeelaar Leon Starker. Foto: ER Lombard.

Leon Starker is sedert 2003 die dirigent van die Kaapstadse Jeugkoor, wat deesdae as die Kaapstad Camerata bekend staan. Die koor het al opgetree in Carnegie Hall in New York, die St. Paulus-katedraal in Londen en die Mozarteum Großer Saal in Salzburg, Oostenryk.

Leon het 'n M.Mus. in koordirigering en het ook vir drie jaar klas gegee aan die Universiteit van Kaapstad se musiekskool.

Prosa: Roeline Daneel

Prosa-beoordeelaar Roenline Daneel. Foto: Misha Jordaan
Prosa-beoordeelaar Roenline Daneel. Foto: Misha Jordaan

Die aktrise en stemkunstenaar Roeline Daneel is bekend vir haar rol as Alta-Marie in die telenovelle Arendsvlei. Sy het ook die rol van Mika in die dramareeks Kompleks vertolk.

Sy is in 2018 vir 'n Suid-Afrikaanse rolprent-en-TV-prys (Safta) benoem vir haar rol as Jan van Riebeeck se vrou, Maria, in die fliek Krotoa en Roeline was onlangs te sien in die kykNET-sepie Diepe waters.

Poësie: Frieda van den Heever

Poësie-beoordeelaar Frieda van den Heever. Foto: Corrie Hansen.
Poësie-beoordeelaar Frieda van den Heever. Foto: Corrie Hansen.

Frieda van den Heever is 'n aktrise, musikant, regisseur en stemkunstenaar. Sy was voorheen 'n aanbieder van die RSG-programme Vers en klank en kortom. Sy het in 2021 'n Fiësta gewen vir die regie van die toneelstuk Die poet, wie's hy?

Haar debuutalbum, Spoorsny, is vroeër vanjaar uitgereik.

Redenaars: Sue Pyler-Slabbert

Redenaars-beoordeelaar Sue Pyler Slabbert. Foto: Misha Jordaan
Redenaars-beoordeelaar Sue Pyler Slabbert. Foto: Misha Jordaan

Sue Pyler-Slabbert is 'n bekroonde radio-omroeper, nuusleser, regisseur, aktrise en stemkunstenaar. Sy bied verskeie programme op RSG aan.

Sy doen ook die voorlesing van Huisgenoot se artikels op Huisgenoot.com.

Sang: Lynelle Kenned

Sang-beoordeelaar Lynelle Kenned. Foto: Misha Jordaan
Sang-beoordeelaar Lynelle Kenned. Foto: Misha Jordaan

Lynelle Kenned is 'n bekroonde sangeres wat al te sien was in bekende musiekblyspele soos West Side Story en The Sound of Music.

Sy is ook 'n talentvolle aktrise en was al televisie-aanbieder van leefstylprogramme soos Pasella, Uit die spens en Jý geld.

Charlea Sieberhagen-Grey

SPELETJIES VANDAG

CTA