MySkool

HJS Paarl deur Wynberg geklop

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Pixabay
Foto: Pixabay

Die Hoër Jongenskool Paarl se eerste rugbyspan is in die afgelope paar dekades nog uiters selde op sy Brugstraatveld geklop, maar Saterdag het hy hom eensklaps teen Wynberg Boys' High vas geloop. Dit is die eerste keer in 36 jaar dat Wynberg daarin kon slaag om die Paarliete die loef af te steek. 'n Strafdoel in die doodsnikke het Wynberg met 30-27 laat seëvier.Die Kapenaars het van meet af 'n houvas bekom en 'n stewige voorsprong opgebou.

Die Boishaaiers het goed teruggeveg in die tweede skof, maar dit was nie genoeg om die besoekers van 'n oorwinning te weerhou nie. Die Paarliete het vyf keer agter Wynberg se doellyn gaan draai, teenoor die besoekers se drie drieë. Die Wynberg-losskakel Jaqeen Ahmed het met sy akkurate skopstewel 15 punte bygedra.

Rondebosch Boys' High wat in sy vorige wedstryd op ewe verrassende wyse bloedneus van Milnerton gekry het, het hom Saterdag teen Paul Roos Gimnasium mooi reggeruk om aanvanklik die hef in die hand te kry.

Rondebosch Boys' High wat in sy vorige wedstryd op ewe verrassende wyse bloedneus van Milnerton gekry het, het hom Saterdag teen Paul Roos Gimnasium mooi reggeruk om aanvanklik die hef in die hand te kry. Toe vat die Stellenbossers vlam en danksy vyf drieë in die tweede helfte het hulle 'n gemaklike oorwinning met 38-17 behaal. Paarl Gimnasium het nie verniet Pretoria toe gery nie en Afrikaans Seuns (Affies) 20-19 getroef.

Milnerton se tog Wellington toe was eweneens nie nodeloos nie, met die Kapenaars 17-14 bobaas.Landbouskool Boland was vir die derde agtereenvolgende jaar Bishops se meerdere. Hierdie slag deur middel van agt drieë vir 'n wegholsege van 52-10. Losskakel Retagan van Rooi was met twee drieë en ses doelskoppe verantwoordelik vir 22 van die wenspan se punte. Bellville Hoër het andermaal sy houvas op HS Tygerberg behou en het die tuisspan gemaklik 29-10 gewen.

Brackenfell is vir die derde jaar in 'n ry met 'n telling van 54-27 deur SACS afgeknou. Landbouskool Oakdale was met 29-22 bobaas teen Stellenberg. Dit was 'n baie gelykop kragmeting, maar die Riversdallers se meer akkurate stelskopwerk het die skaal in hulle guns laat swaai. Op Malmesbury het 'n omgekrapte HS Swartland 34-24 met Hermanus afgereken, 'n bydrae van 23 punte deur Carlo van der Merwe.

Sarel Burger

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM