HMS La Rochelle is kampioene

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die netbalspan is (voor van links) Christelle Greyling, Mischa du Toit, Maroné Uys en Esmari Valentine. Agter is Jade Atkins, Mia-Mickay Steenkamp, Zarah Noah, Iselle Acker en Minette Retief. Afrigter: Morné van Tonder (nie op foto).Foto: VERSKAF

Die Hoër Meisieskool La Rochelle se o.18-netbalspan het op 8 Junie as oorwinnaars uit die stryd getree by die Wes-Kaap se topskole-netbaltoernooi.

Sodoende het hulle hul plek as Wes-Kaapse kampioene by die gesogte DStv Schools Challenge by die Hoërskool Florida op 12 en 13 Julie bespreek.

Hul deursettingsvermoë en strategiese spel het hulle gehelp om hul teenstanders, wat ingesluit het die Hoërskool Stellenberg, Paarl Gimnasium en Hoër Meisieskool Paarl, in die uitspeelrondes van die kampioenskappe te klop.

In hul plaaslike ligawedstryde het HMS La Rochelle ook suksesvol met sowel Paarl Gimnasium as HMS Paarl afgereken, wat hul uitstekende vorm en voortdurende oorheersing in die netbal-arena bevestig het.

SPELETJIES VANDAG

CTA