Jong Kapenaar beste aktrise op internasionale fliekfees

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Keira Dickason
Keira Dickason

Die negerige jarige Keira Dicka­son van die Laerskool Gene Louw in die Kaap het die kollig gesteel in die 48 Hour Film Project in Kaapstad.

Sy het die prys vir die beste aktrise verower.

Hierdie bekende fliekfees, wat regisseurs uitdaag om binne 48 uur 'n kortprent te skep (van 19:00 op 'n Vrydag tot 19:00 op Sondag) lok deelnemers van oor die wêreld heen.

In Kaapstad het 64 spanne meegeding, met 1 200 fliekliefhebbers wat die eindprodukte by die V&A Waterfront besigtig het.

Keira het haar talent ten toon gestel in die fliek Bear With Me, wat in vyf kategorieë benoem is in die glansryke prysgeleentheid.

Die benoemings was vir die beste fliek, beste redigering, beste regisseur, beste skryfwerk en beste aktrise.

Die fliek is geskryf, geregisseer en geredigeer deur Paul Crafford en sy span, en het dubbele sukses behaal met die pryse vir die beste aktrise en die beste skrywer.

Teen 'n formidabele klompie mededingers, onder wie bekende aktrises soos Amalia Uys, Erin Gemmell en Max le Roux, het Keira se uitmuntende vertoning die beoordelaars, bestaande uit wêreldberoemde akteurs en rolprentvervaardigers, beïndruk

Crafford se prys is 'n bewys van sy uitsonderlike vermoëns in die rolprentbedryf.

Hierdie prestasie voorspel 'n belowende pad vorentoe vir Keira en haar mede-kunstenaars in die vermaaklikheidsbedryf.

SPELETJIES VANDAG

CTA