KYK | Witwarm-kunstefees: Hier is die wenners!

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Vanjaar se deelnemers aan die Witwarm-kunstefees het nie net die beoordelaars met hul sang bekoor nie, maar ook met hul interaktiewe en kleurvolle optredes.

Skole van oor die land heen het weer die geleentheid gekry om hul kreatiwiteit in Afrikaans ten toon te stel en boonop groot pryse los te slaan. Daar was R100 000 op die spel: R50 000 vir die wenskool en R25 000 elk vir die naaswenners.

Die beoordelaars was Danie du Toit, hoofsanger van Spoegwolf en skrywer, Kayla Alexander, hoof van gehoorontwikkeling by Netwerk24, en Nelandi Boshoff, sanger en aktrise.

Vanjaar se Witwarm-kunstefees-beoordelaars was Spoegwolf se Danie du Toit, Netwerk24 se hoof van gehoorontwikkeling Kayla Alexander, en die aktrise en sangeres Nelandi Boshoff. Foto: Verskaf
Vanjaar se Witwarm-kunstefees-beoordelaars was Spoegwolf se Danie du Toit, Netwerk24 se hoof van gehoorontwikkeling Kayla Alexander, en die aktrise en sangeres Nelandi Boshoff. Foto: Verskaf

Die beoordelaars het die drie topskole volgens dié kriteria beoordeel:

• algehele indruk van die optrede;

• musikaliteit; en

• kreatiwiteit.

Jodi Jantjies sing haar liedjie ‘Goemakoor' in die prysuitdelingseremonie op Netwerk24.com. Foto: Verskaf
Jodi Jantjies sing haar liedjie ‘Goemakoor' in die prysuitdelingseremonie op Netwerk24.com. Foto: Verskaf

Die beoordelaars het 'n punt uit 100 aan elk van die drie topskole gegee. Die skool met die hoogste puntetelling is as die wenner gekroon.

Alexander sê daar was vanjaar uitstekende inskrywings. "Wat vir my veral uitgestaan het, was dat ons vir die eerste keer 'n skool vir dowes gehad het. Ek dink dit is 'n totale uitskieter," sê sy.

Du Toit sê 'n optrede is witwarm wanneer almal in die koor of band dit geniet om iets saam te doen.

"Daar is niks wat 'n gehoor so vinnig kan opsweep soos mense op 'n verhoog wat dit actually geniet nie."

Vanjaar se finaliste was:

• Die Laerskool Eversdal, wat die tweede keer 'n finalis in die kompetisie is;

• Die Pineview Primêre Skool in Grabouw; en

• Die De la Bat-skool vir dowes in Worcester.

En die wenner is . . .

In die derde plek is die Laerskool Eversdal met 75%. Hulle wen R25 000.

Die naaswenner is die De la Bat-skool vir dowes met 81% en wat ook wegstap met R25 000.

Die wenner van vanjaar se Witwarm-kunstefees met 'n uitstaande finale punt van 94%, is die Pineview Primêre Skool. Hulle wen R50 000 vir hul skool.

Die beoordelaars sê die Pineview Primêre Skool se inskrywing het hulle op die regte maniere geroer.

Dié skool het nie net 'n witwarm-optrede gegee nie, maar 'n unieke musikale uitvoering gelewer deur van verskillende stemtone gebruik te maak.

SPELETJIES VANDAG

CTA