Vyf- en sesjarige leerlinge wat vanjaar in een van die Laerskool Bellpark se klasse is, het 'n interessante storie om te vertel.
Nie net is 'n ekstra Engelse klas spesiaal vir hulle geskep nie, maar hul klaskamer het letterlik uit die as herrys. Vier jaar nadat 'n brand 'n graad R-klaskamer by die skool verwoes het, het die skool 'n splinternuwe klaskamer in sy plek oopgemaak.
Die klaskamer se opening sluit 'n donker tydperk vir die skool af.
"Alles in die klaskamer is splinternuut en ons is so trots dat die klas nou weer deel kan wees van die hele kampus, met hul speel-apparaat en maatjies wat nou weer bymekaar is," sê Pierro Louw, skoolhoof.
Die klaskamer se opening sluit 'n donker tydperk vir die skool af.
"Iemand het ons skoolterrein op 18 Februarie 2020 om 05:00 onwettig betree," sê Louw oor wat op daardie dag plaasgevind het.

"Een van die vullisdromme op wiele vol tuinvullis en blare is teen die klaskamer se muur getrek en aan die brand gesteek.
"Die opsigter het die vlamme gesien toe hy die skool kom oopsluit het, maar kon dit nie blus nie."
Die skool moes vinnig 'n plan maak en die leerlinge het die res van die jaar (saam met Covid-19 se ander ontwrigtings) in die biblioteek skoolopleiding ontvang.
Die jaar daarna het die skool met een minder Afrikaanse graad R-klas begin.
Ernst Stals, argitek by die Wes-Kaapse onderwysdepartement, het die skool onlangs genader en aangebied om die klaskamer oor te doen sonder om dit af te breek.
Die laerskool het in die laaste tyd 'n groot vraag na Engelse klasse ondervind en vanjaar 'n ekstra klas in dié medium bekend gestel. Dié 30 kinders het tot nou toe in die biblioteek skoolgegaan, maar het vroeër in Maart saam met Izmarie Tredoux, hul onderwyseres, die nuwe klaskamer betree.
Louw sê hulle moes lank onderhandel om die klaskamer gebou te kry en het eers geglo die ou gebrande klaskamer sou afgebreek word en 'n opslaan-klaskamer sou opgerig word.
Ernst Stals, argitek by die Wes-Kaapse onderwysdepartement, het die skool egter onlangs genader en aangebied om die klaskamer oor te doen sonder om dit af te breek.
Die klas het ook nou 'n spesiale teddiebeer om die kinders daaraan te herinner dat die klaskamer spesiaal is. Toe die klaskamer in 2020 afgebrand het, het 'n onderwyser by die skool, die beer gered en nou met die opening weer oorhandig.
"Die kontrakteur het in Februarie vanjaar hier begin en die klaskamer binne 'n maand herstel," sê Louw.
Die klas het ook nou 'n spesiale teddiebeer om die kinders daaraan te herinner dat die klaskamer spesiaal is.
Toe die klaskamer in 2020 afgebrand het, het Deon Wentzel, 'n onderwyser by die skool, die beer gered en nou met die opening weer oorhandig.
Al die speelgoed wat uit die brand gered kon word, is aan minderbevoorregte skole geskenk. Gevolglik staan die inisiatief bekend as die "Beauty from Ashes"-projek.















