MySkool

Laerskool Gene Louw vier 40 jaar

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Behati Muller en Anja Hanekom gee vet tydens die kaskarresies, terwyl Estienne du Plessis bestuur. Al drie leerlinge is in gr. 3. Foto’s: VERSKAF
Behati Muller en Anja Hanekom gee vet tydens die kaskarresies, terwyl Estienne du Plessis bestuur. Al drie leerlinge is in gr. 3. Foto’s: VERSKAF

Die Laerskool Gene Louw in Durbanville het sy 40ste bestaansjaar op 15 Maart gevier.

Dit is op 'n luisterryke wyse herdenk met 'n massa-optrede ná afloop van die skool se jaarlikse marathon.

Kort ná sononder het sowat 1 200 leerders hul gehoor, bestaande uit ouers en vriende van die skool, sowel as 'n spesiale groep eregaste, vir 'n uur lank vermaak met sang en dans, met die ondersteuning van die gaskunstenaars Die Broers.

Hantie Louw het die eer gehad om die kersies op die skool se verjaardagkoek dood te blaas en dit te sny. By haar is haar seun Francois Louw.
Hantie Louw het die eer gehad om die kersies op die skool se verjaardagkoek dood te blaas en dit te sny. By haar is haar seun Francois Louw.

Die marathon, een van die skool se grootste geldinsamelingsgeleenthede, behels 'n hele middag van resies hardloop en kaskar ry, met gepaardgaande jolyt.

Alle moegheid was egter vergete die oomblik toe die gehoor op die rugbyveld hul piekniekkomberse en kampstoele regskuif en die leerders in hul helderkleurige T-hemde onder spreiligte op die paviljoen aantree en stil raak.

Die optrede wat gevolg het, was 'n belewenis wat die gees van die skool op 'n meevoerende wyse uitgebeeld het en herinneringe vir 'n leeftyd vasgelê het.

Onder die eregaste wat uitgenooi is om in hierdie spesiale geleentheid te deel, was Alex Volschenk, die skool se heel eerste hoof, Jeremia Hermanus, wat al 40 jaar as opsigter by die skool werk, en Hantie Louw, eggenote van wyle Gene Louw, die destydse provinsiale administrateur na wie die skool genoem is.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM