MySkool

Nuwe astrobaan by HS Melkbosstrand ingewy

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Laerskool Table View en Laerskool Sunningdale toets mekaar se vaardighede op die nuwe astro-hokkiebaan.
Laerskool Table View en Laerskool Sunningdale toets mekaar se vaardighede op die nuwe astro-hokkiebaan.

Die Hoërskool Melkbosstrand het onlangs hul astro-hokkiebaan geopen.

Die hokkiebaan is teen R6,4 miljoen gebou en voldoen aan internasionale standaarde.

Een van die beste astro-matte ter wêreld is ook geïnstalleer.

Dit stel die leerders van die Hoërskool Melkbosstrand in staat om op 'n astrobaan van wêreldgehalte te speel en te oefen.

Die Hoërskool Melkbosstrand se eie gimnasium.
Die Hoërskool Melkbosstrand se eie gimnasium. (SYSTEM)

Die baan is amptelik deur Daniel Ross, skoolhoof, en Anthony Benadie, voorsitter van die skoolbeheerliggaam, geopen. As deel van die opening is wedstryde deur die Laerskool Sunningdale, Laerskool Van Riebeeckstrand VRS en Laerskool Table View gespeel. Die Hoërskool Melkbosstrand se seuns- en meisiespanne het ook gespeel.

Terselfdertyd is 'n nuwe gimnasium by die skool geopen. Die gimnasium sal aangewend word om alle leerders te kondisioneer vir alle sporte.

Die gimnasium van bykans R1 miljoen beskik oor die nuutste toerusting en is omring deur 'n spesiale blou, kunsmatige oppervlak. 'n Kondisionerings­afrigter is aangestel om die gimnasiumprogram te bestuur.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM