'n Mens hoor dikwels dat jong mense sê hulle sal graag 'n betekenisvolle verskil in die samelewing wil maak. As jy een van daardie mense is, is 'n loopbaan as maatskaplike werker beslis iets om te oorweeg.
"Die behoefte vir maatskaplike werkers in die land is kritiek," sê dr. Poppy Masinga, hoof van die fakulteit van maatskaplike werk en gemeenskapsontwikkeling van die South African College of Applied Psychology (Sacap).
"Die land het maatskaplike werkers nodig op die voorpunt in die geveg vir maatskaplike, omgewings- en ekonomiese geregtigheid, en die bou van 'n meer inklusiewe, vredevolle en deernisvolle samelewing."
Maatskaplike werkers speel 'n kritieke rol om daardie funksie in die samelewing te verrig. Daarom is dit die ideale geleenthede vir diegene wat passievol daaroor is om 'n verskil te maak.
Suid-Afrika gaan gebuk onder kwessies soos armoede, misdaad, werkloosheid, ongelyke geleenthede en ook geslagsgebaseerde geweld, mishandeling en geestesgesondheidskwessies - alles wat die behoefte vir maatskaplike werkers groter maak.
Wat behels dit om 'n maatskaplike werkers te wees?
Een van die primêre funksies van maatskaplike werkers in Suid-Afrika is om ten nouste saam met plaaslike gemeenskappe te werk om behoeftes en probleme te identifiseer. Hulle werk dan saam om programme te skep en te implementeer wat volhoubare ontwikkeling bevorder.
Daar is ook baie gevalle van geestesgesondheidskwessies en 'n tekort aan toegang tot sorg hiervoor, veral in minderbevoorregte gemeenskappe.
Deur saam met skole, primêre gesondheidsorgklinieke en nie-regerings- of gemeenskapsorganisasies te werk, kan maatskaplike werkers dien as essensiële geestesgesondheidswerkers.
Daar is 'n aanvraag vir maatskaplike werkers wat oor diverse sektore kan werk.
Maatskaplike werkers speel 'n belangrike rol daarin om hulpbronne te gebruik, berading te verskaf en ingrypings te koördineer, soos om ondersteuningsgroepe, sowel as bewusmaking- en onderrig-veldtogte te implementeer.
In Suid-Afrika dra maatskaplike werkers ook by tot die vorming van beleide wat menseregte, maatskaplike regverdigheid en gelykheid bevorder.
Vanuit die ervaring wat hulle opdoen, bied hulle waardevolle insig aan mense wat beleide opstel. Hulle kan hierdie mense bystaan om die regte besluit te neem en 'n beleid in plek te stel wat verandering kan meebring.
"Daar is 'n aanvraag vir maatskaplike werkers wat oor diverse sektore kan werk. Of hulle nou deur die regering, organisasies sonder winsbejag of besighede in diens geneem word, hul teenwoordigheid is 'n bewys van hul verbintenis om lewens te verbeter.
"Maatskaplike werkers is die katalisators vir transformerende verandering deur seker te maak dat gelykheid en regverdigheid toegepas word," sê dr. Masinga.
"Maatskaplike werkers moet 'n indiepte-kennis van hulself en ander ontwikkel. Daarom word ons graad vir maatskaplike werkers sterk onderskraag deur teorieë van toegepaste sielkunde.
" 'n Belangrike aspek van die werk is om probleme te kan oplos. As jy kan agterkom waardeur mense gaan, kan jy ook oplossings daarvoor vind," sê sy.
As jy oor die regte eienskappe beskik, 'n verandering in mense se lewe wil maak, wil bydra tot 'n beter samelewing en 'n passie daarvoor het om te help en met mense te werk, is dit 'n goeie idee om 'n toekoms as maatskaplike werker te oorweeg.
Hier is tien eienskappe waaraan jong Suid-Afrikaners wat 'n loopbaan in maatskaplike werk oorweeg, moet voldoen:
- Empatie en deernis
- Etiese integriteit
- Kulturele sensitiwiteit en diversiteit
- Sterk kommunikasievaardighede
- Vermoë om probleme op te los
- Veerkragtigheid en emosionele welstand
- Voorspraakvaardighede
- Aanpasbaarheid en buigsaamheid
- Spanwerk en samewerking
- Geduld en vasberadenheid





















