Die begin van die skooljaar hoef nie 'n uitdagende tyd vir leerlinge te wees nie. Ouers en onderwysers kan baie doen om die fisieke en geestelike welstand van hul kinders te ondersteun terwyl hulle nuwe skole, onderwysers of klaskamers navigeer.
"Terwyl 'n mate van angs in hierdie tyd by kinders verwag word, moet dit nie geïgnoreer word nie," sê dr. Cathelijn Zeijlemaker, 'n huisdokter.
Sy sê dit is dalk nie altyd duidelik dat jou kind sukkel nie.
"Kleiner kinders weet dalk nie hoe om te verbaliseer hoe hulle voel nie, dus moet ouers op die uitkyk wees vir tekens van hul kinders wat kan dui op ongemak of angs.
"Dit kan kinders insluit wat meer hul gerusstelling soek as wat hulle gewoonlik doen, kla van maagpyn of ander kwale, meer emosioneel as gewoonlik is of veranderinge in hul slaap- of eetpatrone toon," sê Zeijlemaker.
" 'n Ondersoek deur jou kind se huisdokter aan die begin van die skooljaar kan help om ouers op hul gemak te stel en enige mediese kwessies te onderskei wat aangespreek moet word," sê sy.
Kinders voel vinnig dat hulle veroordeel en gestraf word. Skep dus 'n omgewing waar jy ononderbroke na hulle luister en nie oordeel nie sodat hulle veilig voel om iets deel.
"Maak seker jou kinders se inentings is op datum en maak seker dat hulle enige medikasie, soos asmapompe, het wat hulle dalk by die skool benodig. Maak ook seker dat hul nuwe klasonderwyser weet van enige mediese toestande wat hulle het en hoe om dit te bestuur.
"Studies toon dat kinders wat 'n voedsame ontbyt eet beter presteer. Om te verseker dat jou kind 'n ontbyt eet wat 'n bietjie proteïene bevat, sal hulle help om beter op skool te vaar."
Kinders voel vinnig dat hulle veroordeel en gestraf word. Skep dus 'n omgewing waar jy ononderbroke na hulle luister en nie oordeel nie sodat hulle veilig voel om iets deel, voeg Zeiljemaker by.
Die begin van die jaar is ook 'n goeie tyd om betrokke te raak by jou kind se gebruik van sosiale media en te verseker dat hulle dit veilig op 'n ouderdomsgepaste manier gebruik. "Sosiale media kan 'n belangrike hulpmiddel vir leer wees as dit korrek gebruik word. Ouers moet ook op die hoogte bly van die nuutste tendense in sosiale media. Wees bewus van aanlyn afknouery of kinders wat sosialemedia-webwerwe gebruik op 'n manier wat nie geskik is vir hul ouderdomme nie."
As jy vermoed jou kind het dalk leeruitdagings, maak dadelik 'n afspraak met hul skool om te sien wat hulle kan doen om te help en kry raad oor hoe jy jou kind die beste kan help, sê Zeijlemaker.
Angela Morisse, arbeidsterapeut by Netcare Akeso se Milnerton-kliniek, deel 'n paar praktiese strategieë om kinders te ondersteun gedurende hierdie tydperk.
Stel duidelike take, maar hou dit visueel en pret
Maak 'n visuele grafiek met spesifieke take en kry 'n spasie om elke taak af te merk wanneer dit voltooi is. Dit kan insluit om op die regte tyd te gaan slaap en wakker te word, hul tande te borsel, hul kamer op te ruim, en enige take wat hulle moet doen.
Hou by 'n slaaptydroetine
Die vestiging van 'n konsekwente slaaptydroetine help kinders om by 'n gereelde slaapskedule aan te pas.
'n Klein beloning vir die voltooiing van die roetine elke dag vir 'n week is 'n goeie motiveerder. Dit kan 'n uitstappie na die park of tyd saam met familie wees - dit hoef nie geld te kos nie.
Verskaf emosionele ondersteuning
Om kinders te help met die emosionele eise om weer skool toe te gaan, kan jy 'n oggend-inkloksessie hou waar almal sê watter emosie hulle voel. Dit sal jou toelaat om tred te hou met jou kind se emosies rondom die skool en help om 'n gesprek aan te wakker wanneer hulle emosies kies soos hartseer, bang of kwaad voel.
Leer kinders om na hul fisieke gesondheid om te sien
Moedig kinders aan om 'n blaaskans te neem en vars lug te geniet deur buite te speel voordat hulle met hul huiswerk begin. Onthou dat hul hoofberoep as kind speel is.


















