Paul Roos Gimmnasium se eerste rugbyspan het Saterdag ná 'n taai stryd teen Paarl Gimnasium sy onoorwonne status behou deur die Paarliete op hul tuisveld 23-17 te klop.
In 'n kragmeting gekenmerk deur minder goeie besluitneming deur albei spanne en talle strafbare oortredings, het die Stellenbossers die wendrie kort voor die eindfluitjie gedruk om verlede seisoen se nederlaag te wreek.
In Rondebosch het die Hoër Jongenskool Paarl die span van Bishops 'n loesing met 73-6 toegedien.
Daarmee het die tuisspan sy sesde agtereenvolgende nederlaag hierdie seisoen op die lyf geloop.
Dit was in 2010 laas dat Bishops met die besoekers kon afreken.
Milnerton, wat vanjaar kookwater spel lewer, het Saterdag in Nuweland heel onverwags sy moses teëgekom toe SACS die besoekers 'n pak slae van 59-19 gegee het.
SACS was deurentyd in beheer van alle afdelings en het nege keer Milnerton se doellyn oorgesteek.
Die Hoërskool Stellenberg het die Hoërskool Bellville vir die elfde agtereenvolgende jaar afgeknou.
Hoewel Stellenberg as gevolg van baie ongedwonge foute nie behoorlik op dreef kon kom nie, het hulle wel oor genoeg skietgoed beskik om met die besoekers af te reken.
Die Hoër Tegniese Skool Bellville het sy reeks goeie vertonings voortgesit om Parel Vallei op sy tuisveld 34-27 te klop.
Die wedstryd tussen Monumentpark en die Hoërskool Tygerberg is uitgestel.
In die Suid-Kaap het die Landbouskool Oakdale behoorlik vlamgevat en Outeniqua deeglik laat les opsê. Die Landbouers



















