Reddam-leerlinge presteer in eksamen

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Minkyum KimFoto: VERSKAF
Minkyum KimFoto: VERSKAF

Reddam House Durbanville se leerlinge het uitstekend gevaar in die Cambridge International IGCSE-eksamen wat in Junie 2024 gehou is.

Altesame 81 gr. 11-leerlinge het die IGCSE-eksamen afgelê en 'n indrukwekkende totaal van 336 vakonderskeidings is deur hierdie leerlinge behaal.

Altesame 44 studente het 'n A-gemiddelde behaal en 14 leerlinge het meer as 90% vir hul totale gemiddelde behaal.

Uit die 20 vakke waarvoor eksamen geskryf is, het 11 vakke 'n totaal van meer as 80% behaal, met 'n bykomende sewe vakke wat spog met 'n gemiddelde tussen 70% en 80%.

Altesame 44 studente het 'n A-gemiddelde behaal en 14 leerlinge het meer as 90% vir hul totale gemiddelde behaal.

Benewens die IGCSE-sukses, het twee leerlinge uitgeblink in hul eksamen nadat hulle hul studie versnel het om hierdie September met hul naskoolse studie in Brittanje en Europa te begin.

Minkyum Kim het 95% in A-vlak- verdere wiskunde en 95% in A-vlak-fisika behaal.

Minkyum het sy wiskunde­studie versnel deur IGCSE-wiskunde en toe A-vlak-wiskunde aan die einde van 2023 te voltooi. Dit het hom in staat gestel om 'n derde A-vlak-vak aan te pak.

Minkyum gaan binnekort rekenaarwetenskap aan die Universiteit van Cambridge studeer.

Talitha Vermeulen het ook haar A-vlakke versnel om aan die Universiteit van Utrecht in Nederland te studeer. Talitha se Junie 2024-A-vlak-uitslae was uitsonderlik, met 90% in chemie, 86% in wiskunde en 83% in biologie.

Sy het 'n voorwaardelike aanbod ontvang om biochemie te studeer.

SPELETJIES VANDAG

CTA