‘Simbiotiese’ 16 mik na TV-skerm

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Die top-16 in vanjaar se ATKV-DigiToneel is bekend gemaak.

Deelnemers aan ATKV-DigiToneel kan vanjaar weer die geleentheid kry om hul spel vir die kamera te ontwikkel en moontlik vanjaar hul buiging op TV te maak.

Die top-16 van die ATKV-DigiToneel-kompetisie is bekend gemaak.
Die top-16 van die ATKV-DigiToneel-kompetisie is bekend gemaak.

ATKV-DigiToneel is 'n voorloperplatform vir tieners om hul eie monoloë volgens 'n tema te skryf en dan vir beoordeling te verfilm.

Vanjaar word daar inspirasie geput uit die konsep simbiose.

Die volgende woorde was die wegspringplek vir skrywers, kinematograwe en akteurs se nuwe monoloë:

  • saamleef;
  • meng;
  • koöperasie;
  • magsdeling; en
  • demokrasie

Die mentors - Liezl de Kock, Jacques Bessenger, Lindsey Cele en Marlo Minnaar - is dit eens: "Ons is verstom oor die gehalte van die werk."

Die doel met ATKV-DigiToneel is om nuwe werk te skep en dit vir kamera te verfilm.

JJ van Niekerk, projekorganiseerder van ATKV-DigiToneel, sê die verbetering in die kwaliteit van vanjaar se inskrywings spoor die span wat deel is van die projek aan om nog verder aan die kreatiewe vraag te probeer voldoen.

"Dit maak nie saak watter temas ons vir hierdie tieners gooi nie, hulle skep kreatiewe karakters met interessante storielyne wat jou binne vyf minute boei," sê hy.

Almal wat ingeskryf het, ontvang benewens hul pryse vir prysenswaardige prestasie in die eerste ronde persoonlike stemnotas van twee van die mentors wat hulle kan gebruik om hul werk te verfyn.

Die top-16 skaaf nou aan hul inskrywings en word dan verder deur nog twee beoordelaars gementor op hul reis na die nasionale eindronde, wat in Oktober tydens die vierde seisoen van Gekies vir die kollig op Via uitgesaai sal word.

Hou die ATKV se webwerf en sosialemediablaaie dop wanneer die top-agt vandag aangekondig word

In oorweging

1. Darren Cloete, Hoërskool Jan van Riebeeck - Maskers

2. Izaan Kotze, Hoërskool Ben Viljoen - Sprokie in suburbia

3. Jesse Nel, Hoërskool Stellenbosch - Hoe om 'n Red Piller te skep

4. Keagan Cooper, Hoërskool Noordheuwel - Toneel is tydmors

5. Lenadri Groenewald, Hoërskool Noordheuwel - Die wêreld agter die witbord

6. Line Allen, Hoërskool Noordheuwel - Eerste asem

7. Luan Kleingeld, Hoërskool Noordheuwel - Recycle Me

8. Marelee Ferreira, Curro Windhoek Gimnasium - In my kop

9. Marionè Muller, Hoërskool Hugenote - Woorde in die

water

10. Nicole de Klerk, Hoërskool Randburg - Koëvolusie van sestig

11. Nina Strydom, Hoërskool Parel Vallei - Tree hugger

12. Rico Immelman, Hoërskool Noordheuwel - Veertig sekondes van vryheid

13. Somari Ryan, Hoërskool Noordheuwel - Ek brou 'n boyfriend met (Mrs) Balls

14. Toby de Ruiter, Hoërskool Jan van Riebeeck - Hoorsê

15. Zanike Marshall, Hoërskool Swartland - Kaalgat diere

16. Zanje Bodenstein, Hoërskool Die Wilgers - Oor jy grond brand

SPELETJIES VANDAG

CTA