Die Hoërskool Stellenberg in Bellville het onlangs die summa cum laude-prys, die belangrikste prys by die skool, aan 'n merkwaardige leerder, Dané Pienaar, oorhandig.
Dané word bestempel as besonder betroubaar, hardwerkend en voorbeeldig.
Op sportgebied het Dané, 'n gr. 12-leerling, deurlopend die skool by die MTBS verteenwoordig en sy is in die Noord-Sone-atletiekspan opgeneem.
Dané het vanjaar 'n uitsonderlike atletiekseisoen beleef. Nie net was sy 'n uitnemende leier tydens die 2024-atletiekseisoen nie, maar sy het die seisoen op 'n hoogtepunt afgeskop deur 'n nuwe Gemstones-rekord in diskusgooi vir dogters o.19 op te stel.
Sy het ook twee medaljes by die MTBS in gewigstoot en diskus verower en meer as 800 ASA-punte by die Curro Podium- nasionale atletiekbyeenkoms in Pretoria behaal.
Om 'n summa cum laude-eerbewys te ontvang moet 'n leerling aan die volgende vereistes voldoen en die volgende pryse in die senior-fase verwerf het: Vier keer akademiese erekleure;) Erekleure in 'n erkende kultuurkode; en) Erekleure in 'n erkende sportkode.
Om 'n summa cum laude-eerbewys te ontvang moet 'n leerling aan die volgende vereistes voldoen en die volgende pryse in die senior-fase verwerf het: Vier keer akademiese erekleure;) Erekleure in 'n erkende kultuurkode; en) Erekleure in 'n erkende sportkode.
Dané het ook ook twee medaljes op die Noord-Sone-atletiekbyeenkoms verower en is in die Westelike Provinsie se skoleatletiekspan opgeneem waar sy 'n bronsmedalje in die diskus verower het.
Hierna is Dané in die Wes-Kaap-atletiekspan opgeneem en het 'n sewende plek in diskus vir dogters o.19 op die SA Skole-atletiekkampioenskap behaal.
Benewens die WP-kleure vir debat wat sy in haar gr. 10-jaar behaal het, was sy sedert gr. 8 'n getroue lid van die Stellenberg-meisieskoor (SMK), wat gereeld presteer en in 2023 die nasionale wenners van die ATKV-Applous-koorkompetisie was.
Dané het ook erekleure vir koor in gr. 10 en 11 ontvang.
Haar akademiese prestasies getuig onomwonde van haar toewyding en vasberadenheid.
Sy het sedert gr. 8 elke jaar akademiese erekleure verwerf en was in gr. 8, 9 en 10 onder die toptien-presteerders.
In gr. 11 was sy onder die top-20-presteerders in haar graad.
Sy was in gr. 8, 9 en 10 en weer in gr. 12 'n klasmonitor en is tans 'n lid van die matriekkomitee.
Volgens die skool is sy 'n gebore leier en 'n ware ambassadeur vir die Hoërskool Stellenberg.





















