Strand-leerlinge dans trofeë los

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

'n Hele paar nuut verworwe trofeë het staanplek gekry in die Strand - al die pad vanaf 'n internasionale danskompetisie in Kroasië.

'n Groepie dansers van die Hoërskool Strand het onlangs groot welslae behaal met hul deelname aan die Dance Star World Dance Masters-saamtrek in Kroasië.

Vyf leerlinge van die skool - Rochelle Alberts, Christo Thiart, Olivia Kotzé, Linke Thiart en Isabella Meyer - is met hul deelname in die afdeling liriese groepdanse as die wêreldkampioen gekroon. Mieke Carr is as die kampioen aangewys in die afdelings musikale teater en akrobatiese danse.

Mieke het daarby silwer verwerf met haar tweede plek in die afdeling solo jazz. Christo en Isabella het eweneens derde plekke losgedans vir hul deelname in onderskeidelik ope duet en musikale teaterdans.

Die Hoërskool Strand se leerlinge wat weet hoe om hul danspassies soos wêreldkampioene uit te voer. Agter van links Olivia Kotzé. Christo Thiart, Linke Thiart en Rochell Alberts. Voor is Isabella Meyer en Mieke Carr.

Sarel Burger

SPELETJIES VANDAG

CTA