Gewis 'n geval van flink uit die vere.
Die vierde kwartaal van 2024 is skaars aan die gang, maar die Suidwestelike Distrikte se skolekrieket-beamptes het reeds hul spanne bekend gemaak vir die nasionale toernooie in Desember.
Die SWD stuur 'n gesoute span na die o. 19-toernooi in Kaapstad.
Benewens vyf lede - Corné Kennedy, Enathi Khitshini, Igcobe Khitshini, Jesse Lewis en Stefan May - wat die SWD ook verlede jaar tydens die o. 19-saamtrek in Mkhanda verteenwoordig het, is daar ook 'n hele rits spelers ingesluit wat die Arende se o. 16-span by verlede jaar se toernooi in die Suid-Kaap verteenwoordig het.
Die jong Arende se spanne is:
o. 19-span (16 tot 21 Desember in Kaapstad): Adriaan van der Merwe, Corné Kennedy (albei Landbouskool Oakdale), Joof Enslin, Stefan May, Trent Huisamen (almal Outeniqua), Camron Avontuur (Langenhoven Gim), Enathi Khitshini (Thembalethu), Igcobe Khitshini (Imizamo Yethu), Jesse Lewis (HS Punt), Keano Coerecius (Bridgton), Kurt Botha (HS George), Liviwe Bavulie (Jonga High), Sherwin Plaatjies (Aurial Kollege). Bestuurder: Keith Wagner. Afrigters: Wynand de Ridder en Warren Bell.
o. 16-span (10 tot 14 Desember in Pretoria): Daniël du Plessis (k), Matthew Coleman, Hanno Swart, Wernich Cassel (almal Outeniqua), Daylenn Williams, Lastio Williams (albei Aurial-kollege), Jordan Ross, Sange Mayekiso, Ethan Botha (almal York), Aluve Kwetana (Jonga High), Keaton Lambertjeen (HS Oudtshoorn), Harri Venter (Landbouskool Oakdale), Qhamani Viewer (Jonga High).
Bestuurder: Johan Bruiners.
Afrigters: Elridge Booysen en Travis Henderson.
Meisies-o. 19-span (12 tot 16 Desember in Durban): Kelsey Stuurman (k), Caroldene Ewerts (albei Bridgton), Mariana Breedt (Outeniqua), Emmy-Kay Samson (Oudtshoorn-skool vir Vaardighede), Rusha van Wieling (Plettenbergbaai), Inam Sigede, Felicia Prins, Philasane Bodio (almal Thembalethu), Kamrodene Swartz (KILT), Nadia Wentzel, Catherine Pretorius, Gracey Johnson (almal HS Punt), Obukwayo Ndabeni (Future Focus).
Meisies-o. 16-span (8 tot 12 Desember in Johannesburg): Tiche Frans (k), Faithlynne Karelse (albei Sao Bras), Jezay Campher (Morester), Shante Williams (Auriel-kollege), Zoë Agulis (Bridgton), Janka Burger (Future Focus), Marissa-Ann Nunns (York), Devonay Arendse (Van Kervel), Aphiwe Bango, Iminathi Mofana (albei Thembalethu), Alubabalo Nkukwana (Van Reede), Chaela Jonk (Outeniqua), Mika Labuschagne (HS Langenhoven).
Bestuurder: Tarryn Plaatjies.
Afrigters: Douglas Baartman en Siyabonga Mbathane.















