MySkool

Tjokkers blink uit in ATKV se stryd

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Skelmdans deur die Laerskool Beaumont is as die beste produksie aangewys.  Foto: ATK
Skelmdans deur die Laerskool Beaumont is as die beste produksie aangewys. Foto: ATK

Die afgelope week het 315 tjokkers in Kaapstad hul buiging in die gewilde ATKV-Tjokker­toneelkompetisie gemaak.

Die doel van ATKV-Tjokkertoneel is die skep van 'n nasionale platform vir talentontwikkeling ter viering en opbou van laerskoolleerlinge deur toneel­ontwikkeling, gehoorontwikkeling en bloot­stelling aan goeie literatuur.

ATKV-Tjokkertoneel stel jong leerlinge bloot aan teaterkuns en drama deur middel van mini-tonele.

Deur die opbouende proses van toneelspel ontwikkel die kinders selfvertroue, kommunikasie- en luistervaardighede, en verbreed hul woordeskat.

Tjokkers in die Wes-Kaap het hard gewerk en van 12 tot 14 Augustus hul stories met groot passie in Rondebosch, Kaapstad by die Pam Golding Baxter-teater vertel.

Jacques Bessenger en Lindsey Cele het as mentor­beoordelaars die talent aanskou en was verstom oor die tjokkers se kreatiewe werk en waagmoed om stories geloofwaardig te vertel, terwyl hulle ook suksesvol aan alle teater-elemente aandag gee.

Die ATKV-Tjokkertoneeldeelnemers ontvang benewens toekennings vir deelname en prysenswaardige prestasie pasgemaakte stemnotas van albei die mentors om hul talent verder te slyp.

Die streekwenners is op Woensdag 14 Augustus gedurende 'n spoggeleentheid aangewys.

Die volledige lys wenners is:

Beste hantering van tegniese aspekte vir Dertien deur die Laerskool De Hoop;

Beste tjokker-akteur: Rijk Laubscher as Simon in die produksie Ware kleure van die Laerskool De Hoop;

Beste tjokker-aktrise: Valeria la Cock as Klara in Ware kleure van die Laerskool De Hoop;

Beste ensemble vir Skelmdans deur die Laerskool Beaumont;

Beste regisseur: Samuel Jumat vir Dertien van die Laerskool De Hoop; en

Beste produksie: Skelmdans deur die Laerskool Beaumont.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM