Toe maak die Westelike Provinsie se skolerugbyspanne weer so.
Die WP-spanne het uitstekend vertoon by die verskillende nasionale toernooie gedurende die afgelope wintervakansie en is duidelik steeds die top-rugbyunie in die land.
Benewens die streeptruie se o.18A- en o.16-spanne wat as die nie-amptelike kampioene by onderskeidelik die o.18-Cravenweek en Grant Khomo-toernooi gekroon is, het die WP se o.18B-span ewe puik vertoon by die Cravenweek. Die WP se LSOB o.18-span het by die saamtrek vir leerlinge met spesiale onderwysbehoeftes eers in die eindstryd die knie gebuig en die o.18C-span het blink vertoon by die Akademieweek.
Die o.13A- en B-spanne was ook albei kookwater by die junior Cravenweek en die Kapenaars se o.18- en o.16-meisiespanne was in al hul wedstryde aan die wenkant.
Die o.18-Cravenweekspan het ná oortuigende seges oor KwaZulu-Natal en die Oostelike Provinsie ook op die laaste dag 'n 15de agtereenvolgende oorwinning (gedurende die afgelope paar jare) behaal deur Vrystaat 37-24 te klop.
By die Akademieweek, waar die WP se C-span teen ander bonde se B-spanne te staan gekom het, het die Kapenaars met Boland afgereken, maar naelskraap teen die OP en die Vrystaat verloor.
Die Boland het eweneens puik vertoon met oorwinnings oor Wes-Gauteng se Luiperds, Grens en die Oostelike Provinsie, terwyl die SWD met Oos-Gauteng se Valke afgereken het, maar toe vasgeval het teen KwaZulu-Natal en die Gautengse Leeus.
Die WP-uitnodigingspan (WP B) het ewe blink vertoon deur Griekwas te klop en prysenswaardige, naelskraapse nederlae teen die Leeus en Mpumalanga se A-spanne op die lyf te loop.
By die Akademieweek, waar die WP se C-span teen ander bonde se B-spanne te staan gekom het, het die Kapenaars met Boland afgereken, maar naelskraap teen die OP en die Vrystaat verloor.
Die Boland het ook teen die Bulle die knie gebuig, maar die toernooi afgesluit met 'n groot oorwinning oor die Luiperds. Die SWD het klaargespeel met die Luiperds en Grens Platteland, maar het onverwags teen die Griffons pak slae gekry.
By die Grant Khomo-week vir die o.16-spanne was die WP die toernooi-kampioen ná seges oor OP, KZN en die Bulle.
Die SWD was te sterk vir Namibië en 'n WP-vyftiental, maar het net-net verloor teen KwaZulu-Natal, terwyl die Boland die Leeus geklop het, maar sy moses teëgekom het teen die sterk spanne van die Bulle en Vrystaat.
Die WP se o.13A-span is by die jongelinge se Cravenweek eers in die "eindstryd" deur die Bulle kortgevat ná vroeëre oorwinnings teen die Griekwas, SWD en Leeus, terwyl die Streeptruie se B-span in al vier sy wedstryde teen Vrystaat, Leeus, Bulle en Boland die botoon gevoer het.
Die SWD was te sterk vir Griekwas en die Boland, maar het teëspoed opgetel teen Grens. Die Boland het ook teen die Leeus pak gekry, maar het wel Mpumalanga opgekeil.
Die SWD en Boland het albei twee van hul vier wedstryde gewen. Die SWD was te sterk vir die Luiperds en Griffons, maar het tweede beste daarvan afgekom teen die WP en Vrystaat. Die Boland was die meerdere van Limpopo en Mpumalanga, maar het tweede viool gespeel teen die Leeus en die Bulle.
By die LSOB-week het die WP afgereken met die Boland en die Leeus, maar het in die eindstryd teen die OP teëspoed gekry.
Die SWD het die Valke en Vrystaat geklop, maar het die kous oor die kop gekry van die OP, terwyl die Boland met Mpumalanga klaargespeel het, maar teen die WP en Valke pak gekry het.
Die WP se o.18-meisiespan was saam met die OP die enigste van die 16 spanne wat al drie hul wedstryde gewen het. Die Streeptruie het oortuigende oorwinnings beklink teen Zimbabwe, die Bulle en Grens.
Die SWD was te sterk vir Griekwas en die Boland, maar het teëspoed opgetel teen Grens. Die Boland het ook teen die Leeus pak gekry, maar het wel Mpumalanga opgekeil.
Die Streeptruie se o.16-meisies was in albei hul kragmetings gans te sterk vir die Leeus en Vrystaat, terwyl die Boland ook albei wedstryde - teen Grens Platteland en SWD - gewen het. Die SWD het darem wel die Valke laat les opsê.



















