Met verskeie skole wat Saterdag in vriendskaplike rugbywedstryde getoon het dat hul eerste spanne reeds in topvorm is vir die komende seisoen, was dit veral Wynberg Boys' High wat 'n indrukwekkende oorwinning behaal het.
Wynberg het in sy sege oor die HS Windhoek 14 drieë gedruk tydens dié skool se Standard Bank-toernooi om die Suidwesters 84-3 te looi. Die losskakel Yaqeen Ahmed het 27 punte bygedra, met onder meer drie drieë.
Die Landbouskool Oakdale het ook laat blyk dat hy vanjaar weer oor 'n omgekrapte span beskik. Ná 'n rustyd-agterstand teen Rondebosch Boys' High het die Riversdallers na 'n hoër rat oorgeskakel en welverdiend 17-13 gewen.
In 'n ewe goeie o. 19A-wedstryd het SACS - wat nie 'n goeie 2023-seisoen beleef het nie - aangedui dat grootse dinge vanjaar van hom verwag kan word deur Durbanville 25-22 te laat les opsê.




















