MySkool

Wynberg steek HJS Paarl loef af

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
NEWPORT, WALES - DECEMBER 17:  Detail of a Gilbert Truflight Sirius Rugby ball during the EPCR Challenge Cup match between Dragons and Lyon at Rodney Parade on December 17, 2021 in Newport, Wales. (Photo by Marc Atkins/Getty Images)
NEWPORT, WALES - DECEMBER 17: Detail of a Gilbert Truflight Sirius Rugby ball during the EPCR Challenge Cup match between Dragons and Lyon at Rodney Parade on December 17, 2021 in Newport, Wales. (Photo by Marc Atkins/Getty Images)

Die Hoër Jongenskool Paarl se eerste rugbyspan is in dieafgelope paar dekades nog uiters selde op sy Brugstraatveld geklop, maarSaterdag het hy hom eensklaps teen Wynberg Boys' High vasgeloop.

Dit is die eerste keer in 36 jaar dat Wynberg daarin konslaag om die Paarliete die loef af te steek. 'n Strafdoel in die doodsnikke hetWynberg met 30-27 laat seëvier.

Die Kapenaars het van meet af aan 'n houvas bekom en 'nstewige voorsprong opgebou. Die Boishaaiers het goed teruggeveg in die tweedeskof, maar dit was nie genoeg om die besoekers van 'n oorwinning te weerhounie. Die Paarliete het vyf keer agter Wynberg se doellyn gaan draai, teenoordie besoekers se drie drieë. Die Wynberg-losskakel Jaqeen Ahmed het met syakkurate skopstewel

15 punte bygedra.

Rondebosch Boys' High, wat in sy vorige wedstryd op eweverrassende wyse bloedneus van Milnerton gekry het, het hom Saterdag teen PaulRoos Gimnasium mooi reggeruk om aanvanklik die hef in die hand te kry. Toe vatdie Stellenbossers vlam en danksy vyf drieë in die tweede helfte het hulle 'ngemaklike oorwinning met 38-17 behaal.

Paarl Gimnasium het nie verniet Pretoria toe gery nie enAfrikaans Seuns (Affies) met 20-19 getroef. Milnerton se tog Wellington toe waseweneens nie nodeloos nie, met die Kapenaars 17-14 bobaas.

Landbouskool Boland was vir die derde agtereenvolgende jaarBishops se meerdere. Hierdie slag deur middel van agt drieë vir 'n wegholsegevan 52-10. Die losskakel Retagan van Rooi was met twee drieë en ses doelskoppeverantwoordelik vir 22 van die wenspan se punte.

Bellville Hoër het andermaal sy houvas op HS Tygerberg behouen het die tuisspan gemaklik 29-10 gewen. Brackenfell is vir die derde jaar op'n streep met 'n telling van 54-27 deur SACS afgeknou.

Landbouskool Oakdale was met 29-22 bobaas teen Stellenberg.Dit was 'n baie gelykop kragmeting, maar die Riversdallers se meer akkuratestelskopwerk het die skaal in hul guns laat swaai.

Op Malmesbury het 'n omgekrapte HS Swartland 34-24 metHermanus afgereken, met 'n bydrae van 23 punte deur Carlo van der Merwe.

Sarel Burger

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM