Dit was ’n seisoen van glorie en rekords vir die jong kampioene van die Laerskool Gericke se o. 13 A-rugbyspan wat hul 2025-rugbyseisoen op ’n besonderse trotse noot afgesluit het – sonder ’n enkele verloor.
Die span het nie net al hul wedstryde die seisoen gewen nie (behalwe een gelykop teen Wesbank), maar het ook drie skoolrekords in een seisoen laat spat: die meeste punte aangeteken in ’n seisoen, die minste punte afgestaan en die eerste span in die skool se geskiedenis wat ’n hele seisoen onoorwonne voltooi het.
Onder leiding van die toegewyde afrigters, Gunther von Bentheim en Pieter Basson, het hierdie groep jong spelers uitsonderlike dissipline, spanwerk en talent ten toon gestel. Dié afrigtersduo het oor die afgelope vier jaar reeds ’n wenrekord van 72% opgebou, maar 2025 se prestasie staan sonder twyfel uit.
Met ’n totaal van 19 oorwinnings en een gelykop het Gericke se o. 13 A-span die Ceres-gemeenskap aan die gons. In 11 van hul wedstryde het hulle hul teenstanders met geen punte huis toe gestuur – ’n duidelike bewys van hul klipharde verdediging.
Totale punte aangeteken: 593.
Totale punte afgestaan: 125.
Hier is ’n paar van hul indrukwekkende uitslae:
Wen teen Eikestad: 14-12
Wen teen Courtrai: 24-19
Wen teen Swartland: 50-12
Wen teen Hugo Rust: 45-19
Wen teen Hugenote: 55-7
Wen teen Robertson: 34-7
“Dié groep het iets spesiaals,” sê Von Bentheim. “Hulle speel vir mekaar, vir hul skool, en vir die liefde van die spel.”











