Atletiek

ASA kies twee padwedloopspanne

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Adele Broodryk Foto: Gallo Images
Adele Broodryk Foto: Gallo Images

Die Olimpiese marathonatlete Stephen Mokoka en Elroy Gelant is albei ingesluit in die Suid-Afrikaanse span wat op 30 September en 1 Oktober aan die Wêreld-padwedloopbyeenkoms in Riga, Letland, deelneem.

Atletiek Suid-Afrika (ASA) het ook 12 ultra-atlete gekies om op 5 November in Hyderabad, Indië, aan die Wêreld-ultra-wedloop oor 50 km deel te neem.

Die span sluit onder andere Adele Broodryk, naaswenner in die afdeling vir vroue in vanjaar se Comrades-wedloop, in.

Die span wat aan die Wêreld-padwedloopbyeenkoms sal deelneem is:

Halfmarathon: Mans: Thabang Mosiako, Precious Mashele, Stephen Mokoka, Elroy Gelant. Vroue: Glenrose Xaba, Cacisele Sosibo, Cian Oldknow, Kesa Molotsane.

5 km: Mans: Nicolas Seoposengwe, Maxime Chaumeton. Vroue: Tayla Kavanagh, Kyla Jacobs.

Myl-wedloop: Mans: Ryan Mphahlele. Vroue: Carina Viljoen.

Die span wat aan die 50 km-ultrabyeenkoms sal deelneem:

Mans: Dan Matshailwe, Nkosikhona Mhlakwana, Pule Sibeko, Gladwin Mzazi, Sikhumbuso Seme, Rufus Photo. Vroue: Adele Broodryk, Jenet Mbhele, Stella Marais, Makhosazane Mhlongo, Galaletsang Mekgoe, Deanne Laubscher.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM