Atletiek

Goue Gerda hardloop in Pretoria

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Gerda Steyn gaan later vandeesmaand aan Absa se Run Your City-wedloop in Pretoria deelneem.  Foto: Elizabeth Sejake
Gerda Steyn gaan later vandeesmaand aan Absa se Run Your City-wedloop in Pretoria deelneem. Foto: Elizabeth Sejake

Die Olimpiese marathonatleet Gerda Steyn, die wenner in vroueafdeling van vanjaar se Comrades-wedloop tussen Pietermaritzburg en Durban, sal op 27 Augustus aan die Run Your City-wedloop in Pretoria deelneem.

Dit sal haar eerste wedloop sedert haar Comrades-oorwinning wees.

Sy het in die Comrades Frith van der Merwe se af-rekord ná 34 jaar van 5:54:43 tot 5:44:54 verbeter.

Luidens 'n verklaring deur die organiseerders sê die 33-jarige Steyn, wat ook die Twee Oseane-kampioen is, sy sien uit daarna om in Pretoria deel te neem.

Die wedloop begin en eindig by die Uniegebou.

Steyn, die SA marathon-rekordhouer, sê sy besef dit sal nie 'n maklike roete wees nie, maar sy hoop om mededingend te wees.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM