Die Suid-Afrikaanse middelafstandatleet Ryan Mphahlele sal vanaand in Glasgow in die eindronde van die 1 500 m op die Wêreld- binnenshuise kampioenskap aantree.
Mphahlele het Vrydagaand met sy derde plek in die uitdunne in 3 minute, 42.97 sekondes verseker dat sy aanslag lewend bly, maar sy spanmaat Tshepo Tshite het in die eerste ronde uitgeval.
Mphahlele was ná 800 m in die sesde plek en het toe sy voet geleidelik op die versneller begin sit. Die gaping tussen hom, die Noorweër Narve Nordas, die Spanjaard Adel Mechaal en die res was só groot dat Mphahlele met sowat 20 m oor reeds die voet van die versneller afgehaal het. - Wim Pretorius





















