Stephen Mokoka poog Sondagoggend om nie net sy titel in die Kaapstad-marathon te verdedig nie, maar ook die vierde keer koning te kraai in die wedloop oor 42.2 km in die Moederstad.2023-10-15 08:59:50Die voorste vroue.

2023-10-15 08:58:52Die voorste mans.

2023-10-15 08:45:22
Dubbele glorie vir Ethiopië met Tsige Haileslase Abreha wat die vroue se wedloop in 2:24:15 wen. Sy loop egter die rekord van 2:24:02 mis.
Foto: Jaco Marais

2023-10-15 08:33:00
Die Ethiopiër Adane Kebede Gebre word 'n amptelik tyd van 2:11:28 toegeken vir sy oorwinning in die Kaapstad-marathon. Stephen Mokoka moet met die tweede plek tevrede wees in 2:11:33.
Foto: Jaco Marais

2023-10-15 08:27:41
Die Ethiopiër Adane Kebede Gebre kry sy neus voor in die laaste draai en breek daarmee Suid-Afrikaners se harte om die Kaapstad-marathon in 'n nie-amptelike tyd van 2:11:31 te wen.
2023-10-15 08:24:40Stephen Mokoka kry net nie die Ethiopiër Adane Kebede Gebre afgeskud nie. Wie gaan koning kraai?2023-10-15 08:23:17Stephen Mokoka sit die voet op die versneller en probeer wegbreek, hoewel hy nie juis baie gemaklik lyk nie. Kan hy sy pas volhou en 'n vierde titel in die Kaapstad-marathon verower?2023-10-15 08:22:03Die verdedigende kampioen Stephen Mokoka neem eindelik 'n naelskraapse voortou in die mans se wedloop, hoewel die voorste groep van agt atlete steeds op mekaar se hakke is. Met minder as 3 km om te gaan wag 'n naelloopstryd waarskynlik in die pylvak.2023-10-15 08:17:48Waar die mans se pas heelwat stadiger is as wat benodig word vir 'n roete-rekord, is die Ethiopiër Tsige Haileslase Abreha op koers om moontlik 'n rekord in die vroue-wedloop op te stel. Sy steek die 35 km-merk verby in 1:59:30, 'n voorsprong van sowat 15 sekondes.2023-10-15 08:12:57Soos verwag, is dit die Brit Eden Cooper wat in 1:52:58 die pyp rook in die vroue se rolstoelresies. Sy eindig selfs meer as 5 minute voor haar naaste teenstander, die Australiër Christie Dawes.2023-10-15 07:57:21
In 'n opwindende stryd om die silwermedalje in die mans se rolstoelresies klop die Brit Michael Mccabe sy landgenoot Sean Frame in die laaste draai om tweede te eindig.
Mccabe eindig 10 minute en 52 sekondes agter Schipper, met Frame nog twee sekondes agter hom.
2023-10-15 07:47:13
Die rolstoelatleet en Deen, Geert Schipper, is eerste oor die lyn!
Hy was van meet af aan in ’n klas van sy eie in die mans se rolstoel-wedloop op pad na sy gemaklike sege in 1:32:09.
Schipper, wat met ’n persoonlike beste van 1:34:23 by die wegspringpunt aangetree het, het teen die halfpadmerk reeds ’n voorsprong van 5 minute, 48 sekondes bewerkstellig en daarna het dit net bly groei.
2023-10-15 07:31:42Die vroue se pak is ietwat verder uitgedun met die voorlopers, 'n groep van ses, wat die halfpadmerk in 1:12:02 bereik.

2023-10-15 07:29:41
Ná die halfpadmerk is daar steeds nie veel te kies tussen die elite-mans nie. Die mans steek die 21.1 km-merk in 1:07:00 verby, heelwat stadiger as die pas wat vereis word vir 'n potensiële roete-rekord.

2023-10-15 07:14:29In die vroue se rolstoel-wedloop geniet die Brit Eden Cooper steeds die voortou na die halfpadmerk. Sy is 2:43 voor die Australiër Christie Dawes, wat in die tweede plek is.2023-10-15 07:12:22
Terug by die rolstoelafdeling. Die Deen Geert Schipper is besig om sy teenstanders behoorlik in sy truspieëltjie te laat. Hy is eerste oor die 25 km-merk in 54:43, 'n voorsprong van 5 minute, 58 sekondes.
Suid-Afrika se Ernst van Dyk beklee tans die negende plek, maar is 9:41 agter Schipper.
2023-10-15 07:09:11
Die Ethiopiër Gadisa Bekele Gutama loop ná 15 km voor in die mans se wedloop. Hy het homself ietwat losgewikkel van die pak van sowat 25 atlete met 'n voorsprong van sowat 15 m. Die pak bly egter op sy hakke.
Gutama haal die 15 km-merk in 47:39, maar die pas het ietwat stadiger geword teen 3:11 min/km.

2023-10-15 07:00:31
'n Groep van vier mans, onder wie die Ethiopiër Haile Zewudu, breek kortliks weg van die groep, maar word redelik vinnig weer ingekatrol.
Die atlete kom nou uit Rondebosch en bereik binnekort Nuweland.
2023-10-15 06:55:16In die vroue se wedloop is die voorste pak 'n groep van nege atlete, met die Keniaan Sheila Chepkech tans voor. Hulle bereik die 10 km-merk in 34:38. Die gaping tussen Cynthia Chepchirchir Kosgei en Natalia Elisante-hulle is sowat 40 sekondes.

2023-10-15 06:51:47
Die pasaangeër maak pad vir die res nadat hy sukkel en duidelik die voorlopers frustreer.
Samuel Moloi is die man voor in die pak. Hy bereik die 10 km-merk in 31:26 en die pak handhaaf 'n pas van 3:09 min/km.

2023-10-15 06:45:45Die mans hardloop nou deur Woodstock, steeds gebondel, en op die hakke van die pasaangeër. Sowat 9.6 km is reeds kafgedraf.2023-10-15 06:41:33
6% van die deelnemersis buitelanders, met inskrywings van 74 verskillende lande.
Die voorsteverteenwoordigers vanaf Afrika-lande:
Botswana:149
Zimbabwe:82
Namibië: 70
Kenia: 59
Die voorsteoorsese verteenwoordigers:
VSA: 174
VerenigdeKoninkryk: 59
Duitsland:51
2023-10-15 06:40:20
’n Paarinteressante feite:
Sowat 50%van die deelnemers tree vandag vir die eerste keer in die Kaapstad-marathonaan.
Van die 18 000inskrywings is 63% mans en 37% vroue.
Die oudstemanlike deelnemer is 82.
Die oudstevroulike deelnemer is 76.
Nie mindernie as 72 van die deelnemers is ouer as 70.
’n Totaalvan 68 deelnemers vier vandag hul verjaarsdag.
2023-10-15 06:38:51
Dieselfde geld vir die vroue wat die 5 km-merk haal in 17:21.
Die voorlopers in die vroue-wedloop is:

2023-10-15 06:37:04
Die voorste pak in die mansafdeling is nog redelik gebondel en haal die 5 km-merk in 15 minute, 22 sekondes teen 'n pas van 3:05 min/km.
Mans se voorlopers ná 5 km:

2023-10-15 06:34:03In die vroue se rolstoelafdeling is dit die Britse rekordhouer oor 5 000 m, Eden Cooper, wat ná 5 km reeds 'n groot taak vir haar teenstanders geskep het om haar te probeer inhaal. Sy is in 12:09 sowat 56 sekondes voor haar naaste teenstander.

2023-10-15 06:29:08Die mans in die rolstoelafdeling is pas verby die 5 km-merk. Schipper het 'n voorsprong van 26 sekondes.

2023-10-15 06:26:34Tsepo Ramashamole van Lesotho tree vandag as pasaangeër op vir die mans. Sy werk is om die elite-atlete op koers te hou om die Kaapstad-marathon se rekord te probeer oortref.2023-10-15 06:20:57Die Deen, Geert Schipper, het reeds 'n gemaklike voorsprong bewerkstellig in die mans se rolstoelafdeling. Geerts het 'n persoonlike beste van 1:34:23 en het sy marathon-buiging vroeër vanjaar in Parys gemaak.2023-10-15 06:15:37Die elites in die mans en vroue se wedloop is volgende aan die beurt.2023-10-15 06:13:20
Die rolstoelafdelingse elites sluit die volgende atlete in:
Mans: GeertSchipper (Denemarke), Rafa Botello (Spanje), Michael McCabe en Mark Millar (albei Brittanje), Gonzalo Valdivianos en Jose Alan Frias Moreno (albei Mexiko), SeanFrame (Skotland) en Ernst van Dyk (Suid-Afrika).
Vroue: EdenCooper (Brittanje), Vanessa Christina De Souza (Brasilië), Noemi Alphonse(Mauritius), Christie Dawes (Australië), Margriet van den Broek (Nederland) enCarmen Gimenez (Spanje).
2023-10-15 06:10:56En die eerste skoot van die Kaapstad-marathon het geklap!2023-10-15 06:06:29Die rolstoelatlete, wat eerste wegspring, is gereed en sal binnekort begin.2023-10-15 05:43:03
Nie minder nie as 18 000 deelnemers sal aan Sondag se wedloop deelneem.
Saterdag was boonop ’n goeie voorsmakie met 6 500 inskrywings wat vir die Vrede-wedlope van 10 km toegestaan is, 2 000 vir die Vrede-wedlope van 5 km, 500 vir die 11 km-veldwedloop, 500 vir die 22 km-veldwedloop en 300 vir die 46 km-veldwedloop.
2023-10-15 05:43:03
Met ’n vinniger roete wat Sondag op atlete in die Kaapstad-marathon wag, lek die voorste langasems hul lippe af vir die moontlikheid van ’n rekordtyd in die Moederstad.
Stephen Mokoka, verdedigende kampioen in die elite-mans se afdeling, het Vrydag ’n waarskuwing aan sy teenstanders gerig dat hy nie net ’n rekord in die Kaapstad-marathon in sy visier het nie, maar ook die vinnigste tyd tot nog toe op Suid-Afrikaanse bodem wil hardloop.
Mokoka beleef tans die beste peil van sy loopbaan en het in Februarie ’n nuwe persoonlike beste tyd aangeteken in die Osaka-marathon in Japan. Hy het daar ’n vyfde plek behaal danksy ’n haastige tyd van 2 uur, 6 minute en 42 sekondes.
Foto: Gallo Images

LEES OOK | Mokoka wil in Kaapstad-marathon wyle skoonpa se blitstyd troef2023-10-15 05:43:03
Die vroue se 10 km Vrede-wedloop is deur nog ’n gewilde naam in plaaslike atletiekkringe gewen. Irvette van Zyl (Hollywood) het hier gewen in 33 minute, 56 sekondes.
Foto: Verskaf | Johan Minnaar

2023-10-15 05:43:03
Die aksie het reeds Saterdag afgeskop met die belowende Adriaan Wildschutt wat in die Vrede-wedloop van 10 km geseëvier het in ’n roete-rekord van 27 minute, 53 sekondes.
Dit is tot dusver ’n besonderse seisoen vir die 25-jarige, wat reeds in 2023 Suid-Afrikaanse rekords oor 3 000 m (7:39.25), 5 000 m (13:02.46) en 10 000 m (27:23.10) opgestel het.
Foto: Verskaf | Johan Minnaar

2023-10-15 05:43:03
Vanjaar is verskeie veranderinge aan die roete aangebring met die hoop op vinniger tye.
Die wegspringpunt is Fritz Sonnenbergweg en die heuwel in Distrik Ses is nie meer deel van die roete nie.
Grafika: Theuns Kruger, Netwerk24 Grafika

2023-10-15 05:43:03
Verskeie paaie in Kaapstad sal Sondag vir die Kaapstad-marathon gesluit wees.
Dit sluit paaie in die middestad, aan die Atlantiese kusgebied en die suidelike voorstede in.

LEES OOK | Hierdie paaie gesluit vir Kaapstad-marathon2023-10-15 05:43:03
Goeiemôre en welkom by ons dekking van die Kaapstad-marathon.
Suid-Afrika se Stephen Mokoka het ’n vierde titel in dié veeleisende nommer in sy visier.
Die rekord staan boonop ook agter sy naam in ’n tyd van 2 uur, 8 minute en 31 sekondes. Gaan dié tyd vandag bedreig word?
Die rolstoelatlete spring eerste weg om 06:10, gevolg deur die elite-atlete om 06:15.
Daarna sal die skoot vir die res van die deelnemers klap vanaf 06:17, met intervalle van twee minute tussen elke groep se wegspring.
Die laaste afsnypunt is 13:45.














