Mbuleli Mathanga (29), wenner van die Twee Oseane-halfmarathon en tweemalige Suid-Afrikaanse 10 000 m- en SA veldloop-kampioen, is oorlede.
Hy is Donderdag omstreeks 01:30 by sy huis in Ndwedwe, KwaZulu-Natal, dood aangetref.
Netwerk24 verneem geen misdaad word vermoed nie.
Mathanga het glo al lank aan depressie gely.
Sy dood is bevestig in 'n kort verklaring deur sy familie, wat deur Mdu Khumalo, sy afrigter, uitgereik is.
In die verklaring word gesê dat Mathanga "saggeaard, 'n ware heer, 'n enigma en 'n atleet was".
'n Volledige verklaring sal later uitgereik word.
Voel jy angstig of depressief? Daar is hulp.
Kontak die Suid-Afrikaanse Depressie-en-angsgroep (Sadag):
Webtuiste: https://www.sadag.org/
Tel.: 011 234 4837
Tolvry: 0800 567 567
SMS: 31393
E-pos: zane@sadag.org
Dr. Reddy se hulplyn: 0800 21 22 23





















