Die 20-jarige Suid-Afrikaner Aldrich Potgieter, wat as kind byna 10 jaar lank saam met sy ouers in Perth gewoon het, is op die Royal Queensland in Brisbane stewig in die wedloop om die reënverkorte Australiese PGA-gholftoernooi te wen.
Die Aussie Cameron Smith loop saam met sy 22-jarige landgenoot Elvis Smylie met 132 houe (-10) met een hou voor ná die tweede van drie rondes, nadat die eerste ronde uitgereën het.
Marc Leishman, nog 'n Aussie, is derde op 133 (-9) met Potgieter en David Micheluzzi saam vierde op 134 (-8).
Potgieter het lank in die tweede ronde voorgeloop ná vier voëltjies oor die eerste vyf putjies, maar hy het op die 18de putjie 'n hou aan baansyfer afgestaan.
Ryan van Velzen is op 136 (-6) saam negende. - BBC





















