Branden veg, maar val vas

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Branden Grace van Suid-Afrika Vrydag in die tweede ronde van die Dunhill-kampioenskap op die Leopard Creek-baan in die Laeveld.  Foto: Gallo Images
Branden Grace van Suid-Afrika Vrydag in die tweede ronde van die Dunhill-kampioenskap op die Leopard Creek-baan in die Laeveld. Foto: Gallo Images

Suid-Afrika se Branden Grace het gister in Riyaad in Saoedi-Arabië hard geveg om weer in die LIV-gholfreeks te speel, maar hy sal allig voortaan in die Asiese reeks moet speel.

Dit het gevolg nadat die 30-jarige Max (Chieh-po) Lee, van Taiwan, die LIV Promotions-toernooi met twee houe gewen het en dit aan hom 'n vrypas vir deelname in die LIV-reeks besorg het.

Lee het op -10 geëindig met Grace en Taichi Ko van Hongkong saam tweede op -8.

Grace, wat saam met Louis Oosthuizen, Dean Burmester en Charl Schwartzel vir die Stinger-span in die LIV-reeks speel, kan steeds by die agterdeur inglip as daar 'n goeie sakebeginsel-besluit vir hom uitgemaak kan word. Grace, Scott, Kieran Vincent en Kalle Samooja is hul plekke in LIV-gholf kwyt ná hul swak vertonings. - LIV Golf

SPELETJIES VANDAG

CTA