Gholf

Hollick in die voortou

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Die Durbaniet Michael Hollick het gistermiddag op Royal Harare die voortou ná die derde ronde van die Zimbabwiese Ope-gholftoernooi geneem.

Hollick het die derde ronde in 67 houe voltooi en op 201 houe (-15) geëindig, met Darren Fichardt (202, -14) tweede en die Zimbabwiër Kieran Vincent en Anthony Michael van Suid-Afrika saam derde (205, -11).

Michael Hollick Foto: Getty Images
Michael Hollick Foto: Getty Images

Martin Vorster, wat ná die tweede ronde voor was, het gister gesukkel en 76 houe aangeteken. Hy is op 208 (-8) sewende.

• Op Quail Hollow in Charlotte, Noord-Carolina, loop Xander Schauffele op 131 (-11) met vier houe voor ná die tweede ronde van die Wells Fargo-toernooi, wat deel is van die Amerikaanse PGA-reeks.

Die Noord-Ier Rory McIlroy en Jason Day van Australië is saam tweede op 135 (-7). - Sonskynreeks, BBC

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM