Gholf

Korda skud net haar kop

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Nelly Korda het Donderdag ’n ontnugterende ervaring in die eerste ronde van die Amerikaanse Ope vir vroue gehad. Foto: AP
Nelly Korda het Donderdag ’n ontnugterende ervaring in die eerste ronde van die Amerikaanse Ope vir vroue gehad. Foto: AP

Die Amerikaanse gholfspeler Nelly Korda, wat die wêreld se voorste vrouespeler op die ranglys is, het 'n nagmerriedag in die tweede ronde van die Amerikaanse PGA vir vroue in Seattle beleef.

Korda het 81 houe (nege houe oor baansyfer) aangeteken en kon nie vir die derde ronde kwalifiseer nie.

Die Amerikaner Sarah Schmelzel en Amy Yang van Suid-Korea is saam voor op 138 houe (-6).

Die 25-jarige Korda, wat vanjaar se eerste Major gewen het en na haar sewende oorwinning gemik het, het min te sê gehad.

"Ek gaan nou huis toe om dinge te probeer omswaai," het Korda gesê.

Die Amerikaner Lexi Thompson, wat ná die eerste ronde voor was, is derde op 140 (-4).

Suid-Afrika se Ashleigh Buhai en Paula Reto is saam 52ste op 148 (+4). - BBC

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM