Die Duitse veteraan Bernhard Langer het Vrydag in die tweede ronde van die Charles Schwab-bekerkampioenskap in Phoenix die 21ste keer in sy loopbaan 'n beter telling as sy ouderdom aangeteken.
Langer (67) het 64 houe in die tweede ronde van dié gholftoernooi in die Amerikaanse PGA-reeks vir seniors behaal en is slegs twee houe agter die voorloper, Stewart Cink (130, -12).
Langer, wat reeds 123 toernooie op ses vastelande gewen het, het in 2024 sy haksening geskeur, maar hy het wonderbaarlik herstel.
Suid-Afrika se Ernie Els is saam negende op 139 (-3). Els, die voorloper op die reeks se puntelys, kan die bonuspot van R18 miljoen wen as hy tweede, derde of vierde eindig en nie een van die ander topses-spelers die toernooi wen nie. - American PGA





















