Die vier Suid-Afrikaners wat in die LIV-gholfreeks speel, kon nie gister in Singapoer op hul puik vertonings in verlede week se toernooi in Adelaide voortbou nie.
Louis Oosthuizen en Charl Schwartzel was toe saam tweede, en Dean Burmester een hou agter hulle, terwyl die Stingers-span eers ná 'n uitspeelstryd geklop is.
Ná gister se tweede ronde was Brooks Koepka voor (-12), met Thomas Pieters (-9) tweede. Oosthuizen is op -6, Burmester op -5, Schwartzel op -2 en Branden Grace op -1.
• Op Royal Johannesburg & Kensington loop Louis Albertse op 201 houe (-15) met drie houe voor Rhys Enoch van Wallis en Casandra Alexander (204, -12) ná die derde ronde van die Waterfall City-toernooi.
Die voorste mans- en vrouespelers in die Sonskynreeks neem daaraan deel. - Sonskynreeks





















