Matsuyama loop voor in Hawaii

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Hideki Matsuyama Foto: Getty Images
Hideki Matsuyama Foto: Getty Images

Hideki Matsuyama van Japan het Vrydag vir die tweede agtereenvolgende dag 'n ronde van 65 (8 houe minder as baansyfer) gespeel om die voortou in The Sentry-gholftoernooi in Kapalua in Hawaii te neem.

Matsuyama het sover een hou minder as Collin Morikawa van Amerika, wat op 'n kol vyf agtereenvolgende voëltjies aangeteken het, gespeel.

Die Amerikaners Maverick McNealy en Tom Hoge bevind hulle saam met Corey Conners van Kanada en Thomas Detry van België in die gesamentlike derde plek.

Detry het die syfer 4- 14de putjie met sy dryfhou genader en toe 'n lang sethou vir 'n arend ingerol. - Field Level Media

SPELETJIES VANDAG

CTA