Gholf

Naidoo voor in Mauritius

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
South African golfer Dylan Naidoo
South African golfer Dylan Naidoo

Die 26-jarige Suid-Afrikaner Dylan Naidoo, wat nog nie voorheen in die Dubai World Tour (Europese reeks) kon wen nie, loop saam met Eddie Pepperell van Engeland met een hou voor ná die derde ronde van die Mauritius-Ope-gholftoernooi wat in Grand Baie gespeel word.

Naidoo, wat gister agt voëltjies aangeteken het, asook Pepperell het albei 66 houe aangeteken en saam op 205 houe (-11) geëindig.

Hulle is een hou voor Jacob Skov Olesen van Denemarke (206, -10) met Jovan Rebula van Suid-Afrika op 207 (-9).

Corey Shaun van Amerika asook Jayden Schaper van Suid-Afrika is saam vyfde op 208 (-8).

Van die ander SA spelers is Christiaan Burke op 209, Wilco Nienaber en Ricky Hendler op 210 en Christo Lamprecht op 211.- europeantour.com

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM