Gholf

Schauffele 2de op ranglys, DeChambeau spring 89 plekke

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Xander Schauffele is die nuutste major-kampioen en die nuwe wêreldnommertwee.  Foto: Getty Images
Xander Schauffele is die nuutste major-kampioen en die nuwe wêreldnommertwee. Foto: Getty Images

Xander Schauffele het saam met sy eerste major-sege in die PGA-kampioenskap en prysgeld van $3,33 miljoen na die tweede plek op die wêreldranglys opgeskuif.

Schauffele (30) het Sondag by die Valhalla-buiteklub in Louisville, Kentucky, geseëvier nadat hy 'n voëltjie op die laaste putjie aangeteken en Bryson DeChambeau met een hou geklop het.

Die Amerikaner het Rory McIlroy van Noord-Ierland na die derde plek laat afskuif, terwyl Schauffele se landgenoot Scottie Scheffler sy plek boaan die ranglys behou.

Die 30-jarige DeChambeau, wat in die LIV Golf-rebellereeks speel, het 89 plekke opgeskuif van 124ste na 35ste in die wêreld.

LIV-spelers kwalifiseer nie vir ranglyspunte nie; dus het DeChambeau die jaar op 155ste in die wêreld begin en was so laag soos 210de voordat hy gesamentlik sesde in die Meesters geëindig het.

Thomas Detry van België en Justin Rose van Engeland het danksy hul sterk vertonings in die PGA-kampioenskap in die top-60 ingeskuif en hul plek in die volgende major verdien. Die Amerikaanse Ope word van 13 tot 16 Junie op die Pinehurst No. 2-baan in Pinehurst, Noord-Carolina, aangebied.

Detry het vanweë sy gesamentlike vierde plek opgeskuif van die 71ste na die 54ste, terwyl Rose se gesamentlike sesde plek gesorg het dat hy van 68ste na 56ste opskuif. Rose het die Amerikaanse Ope in 2013 gewen, maar sy outomatiese kwalifisering - wat tien jaar gegeld het - het ná verlede jaar se toernooi verstryk.

Spelers wat ná die Memorial-toernooi (6 tot 9 Junie op die Muirfield Village-baan in Dublin, Ohio) die top-60 haal, sal hul plek in die Amerikaanse Ope verseker. - Reuters

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM