Gholf

Schauffele tem Valhalla met ’n voortreflike 62

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Xander Schauffele loop voor in die PGA-kampioenskap nadat hy die eerste ronde op die Valhalla-baan Donderdag in 62 houe (-9) voltooi het.  Foto: Getty Images
Xander Schauffele loop voor in die PGA-kampioenskap nadat hy die eerste ronde op die Valhalla-baan Donderdag in 62 houe (-9) voltooi het. Foto: Getty Images

Die Amerikaner Xander Schauffele het Donderdag in die eerste ronde van die PGA-kampioenskap op die Valhalla-baan vir 'n tweede keer die laagste ronde in 'n major-gholftoernooi geëwenaar.

Hy het hom as die vroeë voorloper in die klubhuis met 'n telling van 62 - nege houe beter as die baansyfer - tuisgemaak.

Schauffele het sy aanslag op die tiende begin en het op vyf van sy eerste nege putjies voëltjies aangeteken.

Hy het sy ronde uiteindelik foutloos met 'n verdere vier voëltjies oor die agterste nege afgesluit.

Die Suid-Afrikaner Branden Grace het in 2017 by die Britse Ope die laagste major-rondte aangeteken toe hy sy telkaart vir 'n telling van 62 by Royal Birkdale geteken het.

Schauffele het dié telling verlede jaar in die eerste ronde van die Amerikaanse Ope op die baan van die Los Angeles-buiteklub geëwenaar en Rickie Fowler het later die dag ook 'n 62 behaal.

Schauffele het daarmee die Valhalla-baanrekord van die Spanjaard José María Olazábal - 'n 63 (-8) in PGA-kampioenskap in 2000 - verbeter.

•VOORLOPERSBORD

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM