Gholf

Thriston 2de; 4 houe agter in Britse Meesters

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Thriston Lawrence het Sondag vierde geëindig in die 152ste Britse Ope op die Royal Troon-baan in Skotland. Foto: Getty Images
Thriston Lawrence het Sondag vierde geëindig in die 152ste Britse Ope op die Royal Troon-baan in Skotland. Foto: Getty Images

Suid-Afrika se Thriston Lawrence het in die derde ronde van die Britse Meesters-gholftoernooi op The Belfry in Warwickshire tot tweede opgeskuif, maar hy is vier houe agter die voorloper, Niklas Nörgaard van Denemarke.

Nörgaard het 64 houe aangeteken en op 200 houe (-16) geëindig, met Lawrence op 204 (-12) nadat hy gister 67 houe aangeteken het.

Lawrence het nege voëltjies aangeteken, maar op drie putjies houe aan syfer afgestaan.

Jeong-Weon Ko van Suid-Korea is derde op 206 (-10) met Andrew Wilson (Engeland) vierde op 208 (-8) en Suid-Afrika se Brandon Stone saam met Jesper Svensson van Swede vyfde op 209 (-7).

Van die ander Suid-Afrikaners is Dylan Frittelli 23ste op 215 (-1) met Pieter Moolman op 217 (+1), Thomas Aiken op 218 (+2), Justin Walters (220, +4) en George Coetzee op 223 (+7). - Europeantour.com

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM