Gholf

Verwagte gure weer vertraag begin van Meesters

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Erik van Rooyen sal ’n bietjie langer moet wag voordat hy Donderdag sy veldtog in vanjaar se Amerikaanse Meesters kan begin.  Foto: Reuters
Erik van Rooyen sal ’n bietjie langer moet wag voordat hy Donderdag sy veldtog in vanjaar se Amerikaanse Meesters kan begin. Foto: Reuters

Die begin van die 88ste Amerikaanse Meesterstoernooi by Augusta National in Georgia gaan Donderdag met minstens 'n uur vertraag word weens 'n verwagte donderstorm en reënbuie in die gebied.

Dié major, die eerste van die jaar, was geskeduleer om 08:00 plaaslike tyd (14:00 Suid-Afrikaanse tyd) te begin.

"Ons hou die weer deurgaans fyn dop en het besluit om die hekke (vir toeskouers) eers later oop te maak. Die eerste ronde sal nie voor 09:00 (15:00, SA tyd) op die vroegste begin nie," sê Augusta National in 'n verklaring.

Die Suid-Afrikaner Erik van Rooyen is in die groep wat eerste sal afslaan. Die Spanjaard Jon Rahm, wat deesdae lid van die LIV-reeks is, is die verdedigende kampioen. - Reuters, Sportredaksie

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM