Adams nou WP se hulpafrigter

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Qaasim AdamsFoto: Gallo Images
Qaasim AdamsFoto: Gallo Images

Qaasim Adams, voormalige kolfafrigter van die Westelike Provinsie se krieketspan, is die Kapenaars se nuwe hulpafrigter.

Die hoofafrigter, Rory Kleinveldt, het Donderdag sy afrigtingspan vir die 2025-'26-seisoen bekend gemaak.

Kleinveldt is reeds in Junie aangestel in die plek van Salieg Nackerdien, wat Tanzanië se afrigter geword het.

Adams was vir die laaste twee seisoene die span se kolfbreier.

"Qaasim was die afgelope twee seisoene by die span en het sterk bande met die kolfeenheid opgebou," het Kleinveldt gesê.

"Nadat ek voorheen saam met hom gewerk het, het ek gevoel dat dit 'n natuurlike bevordering vir Qaasim was om sy nuwe rol as hulpafrigter in te neem om in die proses ons kolwers verder te ontwikkel."

Die 41-jarige Adams, 'n linkshandige kolwer, het voorheen ook vir die Titans en Lions, asook vir Suid-Afrika A, gespeel.

Roger Telemachus, hoofafrigter van die Colts en Akademie, sal Kleinveldt ook deur die seisoen bystaan. Dieter Swanepoel bly aan as kondisioneringsbreier.

SPELETJIES VANDAG

CTA