Aussie-vroue klop Proteas op die Waca

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Delmi Tucker in aksie vir die Protea vroue teen Australië.Foto: Getty Images
Delmi Tucker in aksie vir die Protea vroue teen Australië.Foto: Getty Images

Die Australiese vroue-krieketspan het gister op die Waca in Perth die eenmalige toets teen die Proteas met 'n beurt en 284 lopies op die vierde dag beklink.

Maar ondanks die groot nederlaag het die Proteas darem veggees in die tweede beurt getoon en nie soos in die eerste kolfbeurt (76 lopies) boedel oorgegee nie.

Nadat die Aussies 575/9 in hul eerste beurt aangeteken het, het die Proteas gister op 67/3 in hul tweede beurt kom voortkolf.

Delmi Tucker met 64 lopies (181 balle, 7x4), Chloe Tryon ook met 64 (154 balle, 10x4) en Tazmin Brits (31) het die Aussies gefrustreer.

Die Proteas het by 215 lopies in 97.2 boulbeurte uitgekom.

Annabel Sutherland (2/11), Ash Gardner (2/26), Darcie Brown (2/47) en Kim Garth (2/55) het die Proteas met die bal geknak. - cricinfo.

SPELETJIES VANDAG

CTA