
Indië en Suid-Afrika meet kragte vir die 13de keer in 51 dae in die beslissende kragmeting van die T20-reeks op Nuweland in Kaapstad.
Die Proteas het die toetsreeks gewen, met Indië wat met die louere weggeloop het in die eendagreeks.
Die T20-reeks is tans gelyk op 1-elk.
2018-02-24 21:21:18
Jonker is uit met die laaste bal vir 49.
Indië wen met 7 lopies en het verdien om verder te wen.
SA beperk tot 165/6
2018-02-24 21:20:0310 vsan die laaste twee en dit gaan nie gebur nie. net twee 2018-02-24 21:17:12
14 van vier.
Khumar is die bouler, Behardien die kolwer
2018-02-24 21:14:41
19 van die laaste beurt.
Kan hulle dit doen. Albei kolwers, Jonker en Behardien, is in.
2018-02-24 21:12:09
Christiaan Jonker slaan Bumrah vir nog 'n ses en dis nou 39 van 17 balle vir die nuweling.
Kan hy dit doen? 143/5
2018-02-24 21:09:49
18 van die 17de beurt deur Jonker.
En Suid-Afrika kort 35 van die laaste twee beurte. Onwaarskynlik, maar nie onmoontlik nie.
2018-02-24 21:01:31
Morris swaai oor die lyn en word geboul deur Bumrah.
114/5
2018-02-24 20:57:52
en daar tel die druk.
Duminy jag die grens, maar kon onder die bal in is uit vir 55 van 40 balle.
SA nou 109/4. 64 van 24 balle.
2018-02-24 20:50:38SA benodig 72 van die laaste 30 balle.2018-02-24 20:43:06
Einde van Klaasen.
Hy probeer om die bal oor die binnering slaan, maar kan nie genoeg vlug kry nie. Kumar neem 'n goeie vangskoot op hlafby. 79/3
2018-02-24 20:37:44
Duminy kry vir Axar beet vir twee reuse sesse en dis 16 lopies van die boulbeurt. SA nou 75/2.
98 vir die oorwinning.
2018-02-24 20:29:54Die Proteas benodig 121 van die laaste 10 boulbeurte.2018-02-24 20:25:38
Ai David Miller.
Raina boul die bal in die middel van die blad. Miller, wat probeer om die bal uit die veld te trek, jry die man op die grens en dit is nou 45/2. In die 10de beurt.
2018-02-24 20:16:22
2018-02-24 20:12:16
Nee wat so gaan jy nie wen.
Proteas kry net 25/1 in die kragspel.
2018-02-24 20:08:10Die druk begin laai op die Proteas. Hy benodig nog 151 van 15 boulbeurte.2018-02-24 19:58:44
Kumar flous Hendricks met 'n stadiger aflewering en dit is die eerste paaltjie.
SA 10/1
2018-02-24 19:34:31
Indië eindig op 172/7.
Dit is 'n telling naby aan baansyfer en die Proteas het beslis 'n goeie kans om te wen.
2018-02-24 19:32:04
Nog een vir Morris.
Karthik word bvp betrap en hy verwys. En dit is uit.
168/7
2018-02-24 19:29:07
Morris kry ook 'n paaltjie.
Hardik Pandya slaan die bal reg in die lug op. 163/6 met 4 balle oor.
2018-02-24 19:26:42
Hy kry die paaltjie, maar nog steeds 15 van die beurt. Hy neem 3/35.
Indië 162/5 met een beurt oor.
2018-02-24 19:22:03
Nog 'n paaltjie vir Dala.
En die keer is dit Dhoni. Nog 'n vangskoot vir Miller op diepweg. Indië nou 151/5
2018-02-24 19:15:36Net ses lopies van die 17de beurt deur Phehlukwayo. 136/42018-02-24 19:07:22
Uiteindelik goeie veldwerk!
Shikhar Dhawan uitgehardloop ná 'n uitstekende gooi van die grens deur Junior Dala.
Indië nou 126/4
2018-02-24 19:05:41
Die wedstryd is tans baie gelyk.
Indië op 125/3 ná 15 boulbeurte.
2018-02-24 18:56:56
Junior Dala was seker maar net bly dat David Miller en nie Shamsi onder daai bal was nie.
Hy kry vir Pandy met die eerste bal van die beurt. Nelson slaan toe op 111/3
2018-02-24 18:55:07
Shamsi verbrou nog 'n vangkans. Hy is nie een naby die bal nie.
Phangiso het daai paaltjie verdien.
Indië 111/2
2018-02-24 18:51:3417 van die boulbeurt vir Shamsi. Eina!2018-02-24 18:49:52
Dhawan kry sy eerste grenshou van sy 26ste aflewering. Hy kon nog net nie aan die gang kom nie.
Shamsi loop effe deur in sy derde beurt.
2018-02-24 18:47:54
Phangiso begin ook goed. Net 3 in sy eerste beurt.
Die draaiers doen dit sover vir die tuisspan. Indië nou 90/2
2018-02-24 18:43:07
2018-02-24 18:42:09
Shamsi kry vir Raina die keer.
DIe bal word reguit geslaan en Behradien neem die vangskoot op die grens. Indië nou 79/2.
Raina 43 van 27 balle.
2018-02-24 18:35:49
Wonderlike eerste beurt deur Shamsi. Hy staan slegs drie lopies af.
Indië nou 65/1 ná 8.
2018-02-24 18:29:02
O jinne.
Shamsi laat val vir Raina van Morris se boulwerk af. 10 van die beurt en kon egter 'n paaltjie opgelewer het. Indië 57/1 ná die kragspel.
2018-02-24 18:19:16
Die Proteas het sake effe teruggebring ná die eerste beurt.
Indië lyk steeds gevaarlik op 35/1 ná 4 beurte.
2018-02-24 18:12:20
Raina se oog is skynbaar in.
Hy tel die eerste bal op en moker dit vir ses oor regby.
2018-02-24 18:08:48
Junior Dala doen dit weer in sy eerste beurt.
Sharmas word bvp betrap en die Titans-man se uitstekende begin tot sy internasionale loopbaan duur voort.
Indië 14/1 in die tweede beurt.
2018-02-24 18:06:04
Morris is glad nie op stryk in die eerste beurt nie en staan 13 lopies af.
Nie 'n goeie begin vir die die Proteas nie.
2018-02-24 17:34:55
Groot verrassing met die loot.
Rohit Sharma loop uit om vir Indië te loot. Virat Kohli het homself dus 'n blaaskans gegee.
Die Proteas wen die loot en besluit om eerste te boul.





















