Temba Bavuma, Marco Jansen, Keshav Maharaj, Ryan Rickelton en Kagiso Rabada is Krieket Suid-Afrika se vyf benoemdes om met die Speler van die Jaar-prys vereer te word.
Die jaarlikse prysuitdeling word op 31 Julie in Kempton Park gehou en sal regstreeks op SuperSport uitgesaai word.
Rickelton is ook as Eendag- en Toetsspeler van die Jaar benoem.
Sy hoogtepunt was 'n dubbele honderdtal (259) in die tweede toets teen Pakistan op Nuweland.
Bavuma, Rabada en Maharaj is ook benoem vir Toetsspeler van die Jaar-eerbewys.
Onder die vroue is Annerie Dercksen, Marizanne Kapp en Nonkululeko Mlaba as Speler van die Jaar benoem.
BENOEMINGS VIR EERBEWYSE:
Nuweling van die Jaar:
Ottneil Baartman
Corbin Bosch
Matthew Breetzke
Kwena Maphaka
T20-speler van die Jaar:
Ottneil Baartman
Quinton de Kock
Reeza Hendricks
Anrich Nortjé
Tristan Stubbs
Eendagspeler van die Jaar:
Heinrich Klaasen
Ryan Rickelton
Lizaad Williams
Toetsspeler van die Jaar:
Temba Bavuma
Keshav Maharaj
Kagiso Rabada
Ryan Rickelton
Kyle Verreynne
Vroue-T20-speler van die Jaar:
Anneke Bosch
Tazmin Brits
Marizanne Kapp
Nonkululeko Mlaba
Laura Wolvaardt
Vroue-eendagspeler van die Jaar:
Annerie Dercksen
Marizanne Kapp
Nonkululeko Mlaba
Chloe Tryon
Laura Wolvaardt
Ondersteuners se Speler van die Jaar:
Temba Bavuma
Annerie Dercksen
Karabo Meso
Nonkululeko Mlaba
Tristan Stubbs
Kyle Verreynne


















