T20-WB

David Warner se internasionale loopbaan verby

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
David Warner kon slegs ses lopies in sy laaste internasionale wedstryd aanteken.  Foto: Getty Images
David Warner kon slegs ses lopies in sy laaste internasionale wedstryd aanteken. Foto: Getty Images

David Warner se internasionale krieketloopbaan is amptelik verby nadat Australië in die Super 8-fase van die T20-Wêreldbeker-toernooi uitgeskakel is.

Afganistan se dramatiese oorwinning oor Bangladesj het verseker dat die buiteperd ten koste van die Aussies tot die halfeindronde vorder.

Dit het die 37-jarige aanvangskolwer die geleentheid ontneem om moontlik nog twee wedstryde vir sy land te speel.

Warner het Maandag in Australië se nederlaag met 24 lopies teen Indië in St Lucia in sy laaste kolfbeurt slegs ses lopies aangeteken.

Hy het aan die begin van die jaar voor sy laaste toetswedstryd sy besluit aangekondig om internasionale eendagkrieket vaarwel toe te roep - hoewel hy in Mei gesê het hy sou oorweeg om in 2025 in die Kampioenetrofee in Pakistan te speel indien hy deur die Australiese keurders betrek word.

Hy het 6 932 lopies teen 'n gemiddeld van 45.30 in 159 eendagkolfbeurte aangeteken, wat 22 honderdtalle insluit.

Hy het in 112 toetse 8 786 lopies teen 44.59 behaal met 26 honderdtalle, onder meer 'n hoogste telling van 335 nie uit nie teen Pakistan in Desember 2019.

Sy rekord in internasionale T20-kragmetings is ook uitstekend: 3 277 lopies teen 33.43 in 110 wedstryde.

Dit was soort van 'n stadige proses (aftrede) met toetskrieket en eendagkrieket en nou T20's.

Die Australiese snelbouler Josh Hazelwood erken die span sal Warner "ná 'n ongelooflike loopbaan in alle formate in die groep, op die veld en van die veld af mis".

Hazelwood sê: "Dit was soort van 'n stadige proses (aftrede) met toetskrieket en eendagkrieket en nou T20's.

"Ons het dus 'n bietjie daaraan gewoond geraak, die lewe sonder hom, maar dit is altyd anders wanneer jy 'n speler verloor wat so lank daar was." - Sportredaksie, ESPN

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM