Die Paarl Rocks se krieketspan het Saterdag in Potchefstroom sy kragmeting in KSA se T20-reeks volgens die Duckworth-Lewis-formule met sewe paaltjies gewen.
Die Dolphins het danksy die aanvangskolwer Grant Roelefsen se 66 (48b, 8x4, 1x6), 136/7 aangeteken met Bamanye Xenxe (3/21) wat die Rocks se beste bouler was.
Die Rocks se kolfbeurt is weens reën tot 12 boulbeurte verkort.
Toe Janneman Malan met die tweede bal deur Eathan Bosch geboul is, het die Dolphins se hoop opgevlam, maar die ervare Farhaan Behardien (24*) en Leus du Plooy (18*) het die Rocks met 'n vennootskap van 33 lopies na 'n oorwinning gestuur.
• TELKAART
Die Dolpinhs se beste bouler was Eathan Bosch met 2/17. - cricinfo.co.za




















