T20

Warriors moker Impalas aan flarde

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Jon-Jon Smuts Dinsdag in aksie teen die Impalas. Foto: Gallo Images
Jon-Jon Smuts Dinsdag in aksie teen die Impalas. Foto: Gallo Images

Die Limpopo Impalas was Dinsdag, soos vooraf verwag, 'n blote slaansak in hul eerste wedstryd tot nog toe teen 'n Afdeling 1-span.

Die Warriors het die Impalas winduit geslaan in die provinsiale T20-uitklopreeks, toe hulle eers 'n reuse-totaal van 243/6 opgestapel het voordat hulle die Limpopo-span tot 123/9 beperk het.

Die Warriors-totaal was die hoogste telling tot dusver in die reeks en die derde hoogste telling tot nog toe in 'n T20-stryd in Suid-Afrika.

Die span van die Baai het die wedstryd maklik met 120 lopies (en 'n bonuspunt) gewen.

Die aanvangskolwers Wihan Lubbe (65, 33b) en Matthew Breetzke (59, 33b) se 129 om die eerste paaltjie in net 10.1 boulbeurte was 'n stewige grondslag vir Jon-Jon Smuts (52, 26) om die slagting voort te sit.

Die Warriors het 68/0 in die kragspel aangeteken.

Breetzke was die vroeë aggressor en het sy tweede agtereenvolgende vyftigtal aangeteken.

Lubbe het gou by hom aangesteek en ses sesse in sy kolfbeurt gemoker. Drie daarvan was van agtereenvolgende aflewerings van die draaibalbouler Sahil Patel, wat 38 lopies in sy twee beurte afgestaan het.

Lubbe het gou by hom aangesteek en ses sesse in sy kolfbeurt gemoker. Drie daarvan was van agtereenvolgende aflewerings van die draaibalbouler Sahil Patel.

Patel, die enigste verandering in die span van die Impalas, het 27 lopies gebloei in die tiende boulbeurt, waarin Lubbe sy vyftigtal gekry het.

Breetzke en Lubbe is vroeër albei lewens gegun met verbroude vangskote in die negende beurt. Die twee is net daarna in onderskeidelik die 11de en 12de boulbeurte uit.

Die draaier Malcolm Nofal (2/22) het die beste onder die Impalas se vuisvoos boulers gevaar en hom in die 16de beurt op 'n driekuns bevind.

Nofal, 'n voormalige SA o.19-speler wat 'n draai by Wellington in Nieu-Seeland gemaak het, se 38 van 23 balle was die beste kolfvertoning vir die Impalas.

Die Warriors-draaiers Smuts (2/24) en Kyle Jacobs (2/14) het elk twee paaltjies laat kantel vir die Warriors, wat oor 'n klompie verbroude vangskote sal bloos.

Klik vir volledige telkaart

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM