MotoGP

Dis weer ’n Márquez ding

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Marc Márquez is weer op sy stukke op sy Ducati in die Aragon GP. Foto: Getty Images
Marc Márquez is weer op sy stukke op sy Ducati in die Aragon GP. Foto: Getty Images

Die Spaanse motorfietslegende Marc Márquez het die Aragon Grand Prix se blitsren gewen en sal Sondag ook van die voorste wegspringplek wil voortbou op sy voorsprong in die aanslag op die kampioenskapstitel.

Márquez het reeds sy voorsprong gerek deur sy oorheersing in die seisoen se blitsrenne.

Die 32-jarige Ducati-ryer het sy voorsprong op die puntelys bo sy jonger broer Alex, wat tweede geëindig het, vergroot.

Marc, wat die Aragon MotoGP ses keer in 10 verskynings gewen het, is deur sy broer by die eerste draai geklop. Hy het Alex egter halfpad deur die blitsren ingehaal en verbygesteek.

Marc het nou 208 kampioenskapspunte, met Alex op 181 in die tweede plek.

Marc Márquez het Saterdag se blitsren gewen en spring Sondag in die eerste plek weg. Foto: Getty Images
Marc Márquez het Saterdag se blitsren gewen en spring Sondag in die eerste plek weg. Foto: Getty Images

Die nuweling Fermín Aldeguer het derde geëindig om dit 'n volledig Spaanse podium te maak.

Albei Márquez-broers sal in Sondag se MotoGP op die voorste ry van die rooster wegspring. Dit sal die agtste keer dié seisoen wees dat die paar dit vermag.

Marc het vroeër Saterdag die voorste wegspringplek bespreek.

"Dit was nie die beste kwalifisering van my lewe nie," het hy daarna gesê.

"Ek het heelwat aangeval en die fiets het heelwat rondbeweeg, maar ek is verheug om in die voorste wegspringplek te begin.

Italië se Franco Morbidelli, wat vierde in die blitsren geëindig het, spring ook in vierde plek weg. - AFP

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM